Eadhild (sterf in 937) was 'n Engelse prinses en die tweede vrou van Hugo, Hertog van die Franke. Sy was die dogter van Eduard die Ouere, koning van die Angele. en sy tweede vrou Ælfflæd.Foot, 2011, p. xv

In 926 het Eduard se seun, koning Athelstan, toegestem om sy half-suster Eadhild met Hugo te laat trou, in ruil vir 'n enorme hoeveelheid geskenke en relieke. Volgens Willem van Malmesbury het hierdie geskenke speserye, juwele, perde, 'n vaas van oniks, 'n kroon van soliede goud, die swaard van Konstantyn die Grote, Karel die Grote se lans en 'n deel van Jesus die Verlosser se doringkroon ingesluit.Foot, 2011, p. 18, 47-48, 192-193 Eadhild se suster Eadgifu van Wessex was die vrou van die afgesette koning van die Wes-Franke, Karel die Eenvoudige. Hugo was 'n potensiële mededinger vir die Frankiese troon, en dit is moontlik dat Eadgifu die huwelik ondersteun het ten einde 'n gevaarlike skakel tussen Hugo en Herbert II van Vermandois uit die weg te ruim. Foot, 2010, p. 246

Eadhild sterf kinderloos in 937.Ortenberg, p. 228; Freeman, p. 234

Verwysings

Bronne

Kategorie:Sterftes in 937