Ptolemeus XIV Filopator (Grieks: Πτολεμαῖος Φιλοπάτωρ; omstreeks 59-44 v.C.) was van 47 v.C. tot met sy dood in 44 v.C farao van Egipte en een van die laaste lede van die Ptolemeïese dinastie. Hy was die seun van Ptolemeus XII Auletes en die broer en medeheerser van Cleopatra VII.

Biografie Hy en Cleopatra was getroud, maar sy het haar verhouding met die Romeinse dikatator Julius Caesar voortgesit. Ptolemeus het waarskynlik net in naam regeer, volgens die Egiptiese tradisie, terwyl Cleopatra die eintlike gesag gehad het.

Op 15 Maart 44 v.C. is Caesar in Rome vermoor deur 'n groep samesweerders. Ptolemeus is ook kort daarna dood. Volgens 'n inskripsie het hy op 26 Julie 44 v.C. nog gelewe. Cleopatra het haar broer vermoedelik laat vermoor om hom te vervang met sy nefie Ptolemeus XV Caesarion, haar seun by Caesar. Caesarion is op 2 September 44 v.C. as medeheeser aangewys.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Farao's van Egipte