Die Ohlangarivier is 'n rivier in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, wat 3 km noord van uMhlanga, KwaZulu-Natal, noord van Durban in die Indiese Oseaan uitmond.Tourism KwaZulu-Natal, About Durban Die rivier het uitgebreide rietbeddings in die monding,South African Birding, Umhlanga Conservancy wat slegs 7 km verder suidwes vanaf die mond van die Mdlotirivier is.A comparative study of zooplankton dynamics in two subtropical temporarily open/closed estuaries, South Africa Tans is hierdie rivier deel van die Mvoti tot Umzimkulu Waterbestuursgebied.Mvoti to Umzimkulu WMA 11
Umhlanga-bewarea By die rivier se mond is daar 'n strandmeer,KZN Wildlife,Umhlanga Lagoon , verkry 10 September 2006 omring deur die Umhlanga-bewarea. Hierdie gebied sluit die 26 hektaar Umhlanga Lagoon Natuurreservaat in, wat vir die publiek toeganklik is. Die gebied bevat bosbokke, grys- en blouduikers, en talle voëls, insluitend die mees suidelike voorkoms van kuifkoptarentale.
Huberta die seekoei Huberta, die bekende seekoei, het op pad langs die kus vanaf die St Lucia-riviermond na die Oos-Kaap by die rivier gestop. Daar is gepoog om haar te vang terwyl sy daar was.
Verwysings
Kategorie:Riviere in KwaZulu-Natal