duimnael|Poolse BRDM-2. Die BRDM-2 (Russiesː Boyevaya Razvedyvatelnaya Dozornaya Mashina, Боевая Разведывательная Дозорная Машина, letterlik "Gevegspatrollievoertuig") is 'n amfibiese pantsermotor wat deur die Sowjetunie en bondgenote gebruik is. Dit was ook bekend onder die benamings BTR-40PB, BTR-40P-2 en GAZ 41-08. Hierdie voertuig, soos baie ander Sowjet-ontwerpe, is omvattend uitgevoer en word in minstens 38 lande gebruik. Dit was bedoel om die ouer BRDM-1 te vervang, en het verbeterde amfibiese vermoëns en beter bewapening in vergelyking met sy voorganger.

Verwysings

Kategorie:Wapentuig