Tulista is 'n klein genus van vetplante endemies aan Suid-Afrika. Dit was voorheen deel van die Haworthia genus.

Eienskappe Die genus word gekenmerk deur 'n groot grootte (in verhouding tot ander haworthias), deur hul stamlose rosetgroeivorm, deur die geel ekssudaat in hul nie-veselagtige blare, en deur hul kenmerkende blomme met robuuste stingels.

Spesies In 2014, het Manning et al. vier spesies in die Tulista genus erken, alhoewel, die World Checklist of Selected Plant Families aanvaar net drie van hulle. Al vier spesies is hoogs veranderlik, elk met baie verskillende vorms. duimnael|regs|upright=0.5|Tulista kingiana duimnael|regs|upright=0.5|Tulista marginata duimnael|regs|upright=0.5|Tulista minor duimnael|regs|upright=0.5|Tulista pumila Tulista kingiana (Poelln.) Gideon F.Sm. & Molteno Voorheen bekend as Haworthia kingiana, dit is die skaarsste en verste oos van die vier spesies. Dit kom voor rondom Mosselbaai. Tulista marginata (Lam.) G.D.Rowley Voorheen bekend as Haworthia marginata, die spesie kom voor van die verspreiding van T. pumila ooswaarts, tot so ver as Riversdale. Dit is die tweede grootse spesie in die genus.Rowley, G.D. (2013) Generic concepts in the Alooideae. III:The phylogenetic story. Alsterworthia International Special Issue no. 10:1–8 and 13(2): 24–26. Tulista minor (Aiton) Gideon F.Sm. & Molteno Tulista minor - WCSP Voorheen bekend as Haworthia minima of Haworthia minor, die spesie kom voor suid van die verspreiding van T. marginata. Hier is dit geneig om in die renosterveld vegetasie voor te kom, dikwels naby die kus. Tulista pumila (L.) G.D.Rowley Voorheen beken as Haworthia pumila/maxima/margaritifera, hierdie is die ver westerse spesie, en kom voor in die Robertson Karoo vegetasie in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit is die grootse spesie in die genus.

Galery Sommige van die vele varietiete van die vier spesies in die genus:

Notas

Verwysings

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika