Annalena Charlotte Alma Baerbock (gebore 15 Desember 1980 in Hannover) is 'n Duitse politikus van die Alliansie 90/Die Groenes-party.
Baerbock is sedert 2013 'n lid van die Bundestag en vanaf 8 Desember 2021 ook die bondsminister van Buitelandse Sake in die Scholz-kabinet, as opvolger van Heiko Maas (SPD).
Van 2009 tot 2013 was sy die partyvoorsitter in Brandenburg gewees en van 2018 tot 2022 die landelike partyvoorsitter, saam met Robert Habeck.
Bronne Deutscher Bundestag Auswärtiges Amt
Kategorie:Duitse ministers Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Geboortes in 1980 Kategorie:Lewende mense