Pasadena is 'n stad in die county Los Angeles, Kalifornië. Dit is 18 km noordoos van die middestad van Los Angeles. Dit is die digsbevolkte stad en die primêre kulturele middelpunt van die St. Gabriel-vallei. Ou Pasadena is die stad se oorspronklike handeldistrik.

In 2020 was die bevolking 138 699 wat dit die 44ste grootste stad in Kalifornië en die negende grootste stad in die Los Angeles-county maak. Pasadena is op 19 Junie 1886 gestig en is een van die eerste stede wat in die county gestig is.

Die California Institute of Technology, waarvan die Jet Propulsion Laboratory deel vorm, is in Pasadena geleë.

Pasadena se Rose Bowl is onder andere tydens die Olimpiese Somerspele 1932, Olimpiese Somerspele 1984 en die eindstryde van beide die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 en die Vrouesokkerwêreldbeker 1999 gebruik. Dit sal ook tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 en die Olimpiese Somerspele 2028 vir wedstryde gebruik word.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Nedersettings in Kalifornië