Hierdie artikel handel oor die munisipaliteit in België. Vir die munisipaliteit in Nederland, sien Zwijndrecht, Nederland.

Zwijndrecht is 'n Belgiese dorp en munisipaliteit in die weste van die Vlaamse provinsie Antwerpen, aan die grens met die provinsie Oos-Vlaandere. Die munisipale gebied het 'n oppervlakte van sowat 18 km² en sowat 19 000 inwoners (2022). Die munisipaliteit lê in die Waasland-streek en is hoogs verstedelik met baie industrie, veral in die dorp Burcht.

Zwijndrecht lê wes van die stad Antwerpen en is die enigste munisipaliteit van die provinsie heeltemal wes van die Skelde-rivier. Die munisipaliteit het tot 31 Maart 1923 aan die provinsie Oos-Vlaandere behoort en toe 'n deel aan die stad Antwerpen verloor (word die Linkeroewer genoem). In 1977 is Zwijndrecht met die Antwerpse munisipaliteit Burcht vergroot.

Plekke Burcht • Zwijndrecht

Susterstede Idstein, Hesse, Duitsland Zwijndrecht, Nederland

Naburige munisipaliteite

Eksterne skakels Amptelike webwerf Informasie van die Vlaamse Owerheid

Kategorie:Munisipaliteite in Antwerpen (provinsie) Kategorie:Nedersettings in Antwerpen (provinsie)