Stoebe rugulosa is 'n struik wat tot die Asteraceae familie hoort. Die spesie is endemies in die Wes-Kaap en is deel van die fynbos en renosterveld. Dit kom van Caledon tot by Albertinia voor en het 'n voorkomsgebied van 5000 km² waar daar vyf subpopulasies is. Die plant het meer as 70% van sy habitat afgestaan aan die verbouing van koring oor die afgelope 80 jaar. Dit word ook bedreig deur indringerplante.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Stoebe Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika