Melinda French Gates (gebore Melinda Ann French; 15 Augustus 1964) is 'n Amerikaanse filantroop, voormalige rekenaarwetenskaplike en hoofbestuurder by Microsoft. Sy is deurgaans deur Forbes as een van die wêreld se magtigste vroue aangewys.

In 2000 het sy en haar destydse man Bill Gates saam die Bill & Melinda Gates Foundation gestig, die wêreld se grootste private liefdadigheidsorganisasie vanaf 2015. Sy en haar eksman is bekroon met die Amerikaanse Presidensiële Medalje van Vryheid en die Franse Erelegioen

Vroeg in Mei 2021 het Bill en Melinda Gates aangekondig dat hulle gaan skei, maar sal steeds mede-voorsitters van die stigting bly.

Verwysings