Jean Alesi (gebore Giovanni Alesi, 11 Junie 1964) is 'n Franse renjaer van Italiaanse afkoms. Na sukses in die laer kategorieë, veral sy oorwinning in die 1989 Formule 3000-kampioenskap, het sy Formule Een-loopbaan deelname by Tyrrell, Benetton, Sauber, Prost, Jordan en Ferrari ingesluit, waar hy baie gewild onder die tifosi was.

Tydens sy tydperk by Ferrari van 1991 tot 1995 het sy aggressiewe bestuurstyl, gekombineer met die gebruik van die nommer 27 op sy motor, daartoe gelei dat sommige joernaliste en die tifosi hom met Gilles Villeneuve vergelyk het. Hy het die 1995 Kanadese Grand Prix gewen, maar dit was die enigste oorwinning van sy Formule Een-loopbaan. Gedurende sy tyd in Formule Een was Alesi besonder goed in die nat en was hy 'n kwik- en passievolle renjaer, wie se emosies hom soms ondergekry het.Jean Alesi: The Wrong Time and the Wrong Place Verkry op 21 Junie 2015.

Verwysings

Kategorie:Franse renjaers Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Geboortes in 1964 Kategorie:Lewende mense