Die Pondo-kokoboom (Maytenus abbottii) is 'n boom wat hoort tot die genus Maytenus. Die spesie is inheems aan KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Dit kom voor van die Oribiravyn tot by Port St. Johns. Die boom het 'n voorkomsgebied van 2200 km². Daar is tans tien gefragmenteerde subpopulasies en die totale populasie word op minder as 1 000 bome geskat. Die boom word onder andere bedreig deur oor gebruik as brandhout deur die plaaslike bevolking.
Die boom se FSA-nommer is 398.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
abbottii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika