duimnael|Rigtingaanwyser na Sabi Sabi Lodge Sabi Sabi is 'n privaatwildreservaat in Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is geleë in die Sabi Sand-wildreservaat wat aan die suidwestelike deel van die Krugerwildtuin grens. Die Sabi Sandreservaat is een van die parke waaruit die Groter Krugerwildtuin bestaan.

Dit is 'n bewaringsgebied waar die groot vyf wild (leeu, luiperd, renoster, buffel en olifant) natuurlik voorkom.

Wild duimnael|Uitsig vanaf die dek van die Sabi Sabi Lodge Die reservaat beskik oor 'n groot verskeidenheid vrylopende wildsoorte. Behalwe die Groot vyf, is daar ook sebra, kameelperd, klipspringer, steenbok, rooibok, rooijakkals, blouwildebees, rooihartbees, njala, koedoe, duiker, Kaapse bobbejaan, jagluiperd, Afrikasivet, seekoei, grootkolmuskeljaatkat, gevlekte hiëna, rietbok, kolhaas, nagapie, witkwasjakkals, swartkwasmuishond, boomeekhoring, blouaap, vlakvark, ystervark, vaalboskat, waterbok, wildehond en witstertmuishond.

Voëllewe sluit in saalbekooievaar, aasvoël, veereier en bruinkoppapegaaie, sowel as verskeie spesies reptiele, visse en ongewerweldes.

Verwysings

Eksterne skakels Sabi Sabi Lodge Sabi Sabi op Sabi Sands.com webwerf

Kategorie:Natuurreservate in Mpumalanga