Krokodilbrug is die naam van beide 'n kamp langs die suidelike grens van die Krugerwildtuin en 'n hek na die park in Mpumalanga-provinsie van Suid-Afrika. Die hek is by 'n laagwaterbrug wat die Krokodilrivier oorsteek en lei direk na die Krokodilbrug-ruskamp. Die parktoegang, insluitend betaling, is aangrensend aan die kamp self.
Akkommodasie Krokodilbrug-kamp bied slaapplek aan 208 persone in 45 kamers. Daar is 20 twee-of-driebed-kothuise met lugreêling en en-suite-badkamers en 8 tweebed-permanente gemeubileerde seiltente, insluitend waaiers en yskaste, maar met gemeenskaplike ablusiegeriewe en warm storte. 18 tent- of karavaanstaanplekke met elektrisiteit en braaiplekke is ook beskikbaar.
Geriewe Soos met alle groot ruskampe in die Krugerwildtuin, bied Krokodilbrug 'n winkel, braai- en gemeenskaplike kombuisgeriewe, 'n noodhulpstasie, 'n wassery en 'n vulstasie.
Voedselfasiliteite As een van Kruger se kleiner kampe het Krokodilbrug nie 'n voldiens-restaurant nie. In plaas daarvan word 'n wegneemkosafdeling binne die winkel voorsien, met 'n paar permanente houttafels en stoele wat buite geplaas is om die kos by te geniet.
Nabygeleë geriewe Krokodilbrug is 15 minute (12 km) se ry vanaf die dorp Komatipoort, wat by die samevloeiing van die Krokodil- en Komatirivier en langs die grens met Mosambiek lê. Uitstappies dorp toe moet bedags geskiet, aangesien die park se hekke steeds op die gewone tye sluit.
Aktiwiteite
Wildbesigtiging Krokodilbrug is in die suidersirkel-wildkykgebied, wat bekend is vir verskeie leeutroppe, elk met hul unieke jagtegnieke en gedrag.
Nagwildritte Danksy die nabyheid van die kamp aan die ingangshek, is Krokodilbrug die enigste kamp van die Krugerwildtuin wat saans begeleide wildritte aan buitebesoekers bied. Gaste wat by Ngwenya Lodge, Marlothpark buite Kruger of B&B's in Komatipoort oorbly, is welkom om van hierdie geleentheid gebruik te maak.
Geskiedenis Die padbrug by Krokodilbrug is oorspronklik as 'n pontonkruising geskep om veldwagters toegang tot die park vanaf Komatipoort te verleen. In die 1920's is 'n pad bygevoeg wat Krokodilbrug verbind met wat nou die Onder-Sabie-ruskamp is. Terwyl die ou spoorwegbrug in 'n toestand van verval is, word dit tans as 'n wateronttrekkingspunt vir plaasbesproeiing gebruik, en kan steeds vanaf die ruskamp gesien word.
'n Pad is ook gebou vanaf Krokodilbrug na Skukuza, verby die huidige Onder-Sabie. In 1931 is agt rondawels by Krokodilbrug gebou, wat die eerste keer was dat dit as beide 'n hek na die park en 'n ruskamp gebruik is. In 1935 is verskeie Knapp-hutte opgerig. Dit was vierkantige sementgeboue met sinkdakke. Dit was ongewild aangesien die hutte as onooglik beskou is, In 1931 is 'n Pegasus Petroleum-vulstasie by Krokodilbrug gebou. Die oorspronklike rivierkruising is in 1945 opgegradeer tot 'n enkellaanmotorbrug, wat die gebruik van die laaste ponton in die park beëindig het.
Gesondheidsrisiko Die tropiese siekte malaria kom in die laeveld voor, en besoekers moet die nodige voorsorg daarteen tref. 'n Dokter, apteker of reisburo kan vooraf geraadpleeg word.
Verwysings
Kategorie:Krugerwildtuin