duimnael|200px|Die swastika is 'n simbool met baie style en betekenisse. Dit word in baie kulture aangetref. duimnael|200px|Die gebruik van die swastika deur die Nazi's en neo-Nazi's is die makliks herkenbare moderne gebruik van die simbool in die Weste.

Die swastika, 卐 of 卍, is 'n simbool wat vandag in die Weste hoofsaaklik bekend is vanweë die gebruik daarvan deur die Naziparty. Dit is 'n antieke godsdiensikoon in verskeie Eurasiese kulture. Dit word gebruik as 'n simbool van goddelikheid en spiritualiteit in Indiese gelowe, insluitende Hindoeïsme, Boeddhisme en Djainisme. Die simbool is gewoonlik in die vorm van 'n kruis, waarvan die arms ewe lank is en reghoekig op mekaar lê. Elke arm is in die middel teen 'n reghoek gebuig.

In die Westerse wêreld was dit tot in die 1930's 'n simbool van gunstigheid en goeie geluk. Toe het die Duitse Naziparty 'n kloksgewyse vorm daarvan as embleem van die Ariese ras begin gebruik. Weens die Tweede Wêreldoorlog en die Holocaust verbind die Weste dit nou steeds met nazisme en antisemitisme. Dit word nou beskou as simbool van wit heerskappy of bloot boosheid.

As gevolg daarvan is die gebruik van die swastika in sommige lande, insluitende Duitsland, verbode. Dit bly egter 'n simbool van goeie geluk en vooruitgang in Hindoeïstiese, Boeddhistiese en Djainistiese lande soos Nepal, Indië, Mongolië, Sri Lanka, China en Japan. Dit word ook algemeen gebruik in Hindoeïstiese huwelikseremonies en Divali-vierings.

Die woord "swastika" kom van Sanskrit स्वस्तिक swastika, "bevorderlik vir welsyn".Swastika: SYMBOL, Encyclopædia Britannica (2017) In Hindoeïsme word die klokgewyse simbool, wat regs wys (卐), "swastika" genoem en simboliseer dit surya ("son"), vooruitgang en goeie geluk, terwyl die antikloksgewyse simbool, wat links wys (卍), sauwastika genoem word en die nag simboliseer, asook die tantriese aspekte van die godin Kali. In Djainisme is dit die simbool van suparshvanatha, die sewende van 24 spirituele leerstellings, en in Boeddhisme simboliseer dit die gunstige voetspore van die Boeddha.

In verskeie groot Indo-Europese godsdienste simboliseer die swastika weerligstrale wat die god van die donderweer en koning van die gode verteenwoordig, soos Indra in Vediese Hindoeïsme, Zeus in die antieke Griekse godsdiens, Jupiter in die antieke Romeinse godsdiens en Thor in die antieke Germaanse godsdiens. Die simbool word aangetref in die argeologiese oorblyfsels van die Indusvallei- en Samarrabeskawing, sowel as in vroeë Bisantynse en Christelike kuns.

Dit is in verskeie Europese tale bekend as die fylfot, gammadion, tetraskelion of cross cramponnée ('n term in Anglo-Normaanse heraldiek); Duits: Hakenkreuz; Frans: croix gammée; Italiaans: croce uncinata. In Mongools word dit хас (chas) genoem en hoofsaaklik op seëls gebruik. In Chinees word dit 卍字 (wànzì) genoem, wat beteken "simbool van alle dinge", in Japannees word dit manji uitgespreek, in Koreaans manja (만자) en in Viëtnamees vạn tự / chữ vạn.

Agting vir die swastikasimbool in Asiatiese kulture, in teenstelling met die stigma wat in die Weste daaraan kleef, het al tot misverstande en verkeerde vertolkings gelei.

Etimologie en benamings Die woord "swastika" is afgelei van Sanskrit, swasti, wat saamgestel is uit su (सु: "goed, gunstig") en asti (अस्ति: "dit is" of "daar is"). Die woord word sedert 500 v.C. op die Indiese subkontinent gebruik. Dit is die eerste keer aangeteken deur die antieke linguis Panini in sy werk Ashtadhyayi. Dit word in ander tekse ook gespel svastika, suastika, ens.First recorded 1871 (OED); alternative historical English spellings include suastika, swastica, and svastica; see, for example:

duimnael|200px|'n Tekening van 'n swastika op die Snoldelevsteen, wat in Denemarke ontdek is (9de eeu). 'n Belangrike vroeë gebruik van die woord swastika in 'n Europese geskrif was in 1871 in 'n publikasie van Heinrich Schliemann, wat meer as 1 800 antieke voorbeelde van die simbool en sy variante ontdek het naby die Egeïese See in sy soektog na die geskiedenis van Troje. Schliemann het dit aan die Sanskritwoord swastika gekoppel.

Die woord swasti verskyn gereeld in die Vedas en in die klassieke letterkunde, waar dit "gesondheid, geluk, sukses, vooruitgang" beteken, en dit as algemeen as 'n groet gebruik.A Vedic Concordance, Maurice Bloomfield, Harvard University Press, pp. 1052–1054 Die agtervoegsel ka is algemeen en kan verskeie betekenisse hê. Volgens Monier-Williams beskou baie geleerdes dit as 'n sonsimbool.

Die vroegste gebruik van die woord "swastika" is in Panini se Ashtadhyayi, wat dit gebruik om 'n Sanskrit-taalreël te verduidelik, in die verband van 'n soort identifiseringsmerk aan 'n bees se oor. Die meeste geleerdes meen Panini het in of voor die 4de eeu v.C. gelewe, moontlik in die 6de of 5de eeu v.C.

Die begrip van 'n "omgekeerde" swastika is onder Europese geleerdes moontlik in 1852 die eerste keer opgehaal deur Eugène Burnouf en aangehaal deur Heinrich Schliemann in Ilios (1880), gebaseer op 'n brief van Max Müller wat Burnouf aanhaal. Die term sauwastika word gebruik in die sin van "agterstevoor swastika" deur Eugène Goblet d'Alviella (1894).The Migration of Symbols, deur Eugène Goblet d'Alviella, (1894), p.40 by sacred-texts.com

Ander name vir die term sluit in: tetragammadion (Grieks: τετραγαμμάδιον), "kruisgammadion" (Latyn crux gammata; Frans: croix gammée), omdat elke arm die Griekse letter Γ (gamma) verteenwoordig. "Kruis met hake" (Duits: Hakenkreuz), "kruis met hoeke" (Duits: Winkelkreuz) of "krom kruis" (Duits: Krummkreuz). "Crampon-kruis" of "winkelhaakyster" in heraldiek, omdat elke arm lyk soos 'n haak wat gebruik is om wolwe mee te vang (Duits: Winkelmaßkreuz). Fylfot, hoofsaaklik in heraldiek en argitektuur Tetraskelion (Grieks: τετρασκέλιον), letterlik "vierbenig". Ugunskrusts (Letties vir "vuurkruis"; ander name: Pērkonkrusts ("donderkruis"), "kruis van Perun, ens. "Draaiende stompe" (Navajo, inheems Amerikaans): kan dui op oorvloed, vooruitgang, heling en geluk.

Voorkoms

Alle swastikas is gebuigde kruise gebaseer op 'n chirale simmetrie (waar die spieëlbeelde van mekaar verskil), maar hulle het verskillende geometriese detail: as kompakte kruise met kort bene, as kruise met lang arms en as motiewe in 'n patroon van aaneengeskakelde lyne. Chiraliteit beskryf die afwesigheid van 'n spieëlbeeldsimmetrie. Die spieëlbeeldvorms word gewoonlik beskryf as 'n simbool wat links wys (卍) en een wat regs wys (卐).

Geskrewe karakters

Die sauwastika is as 'n standaardkarakter aanvaar in Chinees, "卍" (pinyin: wàn), en is ook in verskeie ander Oos-Asiatiese tale opgeneem. In Japannees word dit manji genoem.

Die sauwastika is ingesluit in die Unicode-karakters van twee tale: Chinees , The Unicode Standard, Version 4.1. Unicode, Inc. 2005. en Tibettaans. In laasgenoemde is daar twee swastikas en twee sauwastikas (met of sonder vier kolletjies): ࿕, ࿗, ࿖, ࿘."Right-Facing Svasti Sign" (click "next" three times)

Betekenis Europese hipoteses van die swastika word gewoonlik behandel saam met kruissimbole in die algemeen, soos die godsdienstige sonkruis van die Bronstydperk. Daarbenewens was dit teenwoordig in simboolstelsels voordat skryfstelsels gebruik is soos die Vinčastelsel,Paliga S., The tablets of Tǎrtǎria Dialogues d'histoire ancienne, vol. 19, n°1, 1993. pp. 9–43; (Fig. 5 on p. 28) wat tydens die Neolitikum verskyn het.Freed, S.A. en R.S., "Origin of the Swastika", Natural History, Januarie 1980, 68–75.

duimnael|200px|'n Mosaïekswastika in 'n Bisantynse kerk in Israel wat opgegrawe is links|duimnael|240px|'n Benaderde voorstelling van Tiānmén (天門, Hemelpoort) of Tiānshū (天樞, Hemelspil) as die noordelike hemelpool met α Ursae Minoris as die poolster, met vier draaiende voorstellings van die sterrebeeld die Groot Beer in verskillende tydsfases. Die Hemelspil kan verteenwoordig word deur wàn (卍).

Noordpool Volgens die Franse intellektueel René Guénon verteenwoordig die swastika die noordpool en die roterende bewewing om 'n onveranderlike spil (axis mundi), en eers tweedens verteenwoordig dit die son as 'n weerspieëlde funksie van die noordpool. As sulks is dit 'n simbool van die lewe, van die verlewendigende rol van die opperste beginsel van die heelal, die absolute God, in verhouding tot die kosmiese orde. Dit verteenwoordig die aktiwiteit (die Hellenistiese Logos, die Hindoeïstiese Om, die Chinese Taiyi, "Groot Een") van die beginsel van die heelal in die vorming van die wêreld. Volgens Guénon het die swastika in sy poolwaarde dieselfde betekenis van die jin en jang van die Chinese tradisie, en van ander tradisionele simbole van die werking van die heelal, insluitende die letters Γ (gamma) en G, wat die Groot Argitek van die Heelal van die Vrymesselary simboliseer.

Volgens die geleerde Reza Assasi verteenwoordig die swastika die ekliptiese noordpool wat om Zeta Draconis gesentreer is, met die sterrebeeld Draak as een van sy strale. Hy meen dié simbool is later voorgestel as die vierperdewa van Mitras in die antieke Iranse kultuur. Hulle het geglo die kosmos word deur vier hemelse perde getrek wat in 'n kloksgewyse rigting om 'n vaste middelpunt draai. Hy stel voor dié idee het later floreer in Romeinse Mitraïsme, want die simbool kom voor in Mitraïstiese ikonografie en sterrekunde.

Volgens die Russiese argeoloog Gennadi Zdanowitsj, wat van die oudste voorbeelde van die simbool in die Sintasjta-kultuur bestudeer het, simboliseer die swastika die heelal en verteenwoordig dit die draaiende sterrebeelde van die noordelike hemelpool, wat gesentreer is in α Ursae Minoris, veral die Klein en Groot Beer, of Ursa Minor en Ursa Major.Gennadi Zdanowitsj. "О мировоззрении древних жителей «Страны Городов»". Русский след, 26 Junie 2017. Net so, sê René Guénon, word die swastika geteken deur die Groot Beer te visualiseer in die vier fases van revolusie om die poolster.

Komeet duimnael|'n Voorstelling van komete uit die Boek van Sy, Han-dinastie, 2de eeu v.C.

In hulle boek van 1985, Comet, sê Carl Sagan en Ann Druyan die voorkoms van 'n draaiende komeet met 'n vierpuntige stert so vroeg as 2000 v.C. kan verduidelik hoekom die swastika in die kulture van beide die Ou Wêreld en die Amerikas van voor Columbus aangetref word. In die Han-dinastie se Boek van Sy (2de eeu v.C.) word so 'n komeet uitgebeeld met 'n swastika-agtige simbool.

Bob Kobres sê in 1992 in 'n verhandeling die swastika-agtige komeet in die boek uit die Han-dinastie is genoem 'n "fisantster met 'n lang stert", omdat dit soos 'n voël se poot of voetspoor gelyk het. Soortgelyke vergelykings is in 1907 getref deur J.F. Hewitt, sowel as in 'n artikel in 1908 in Good Housekeeping. Kobres stel voorts 'n verband met mitologiese voëls en komete van buite China voor.

Vier winde In die kultuur van die Indiane, veral die Pima van Arizona, is die swastika 'n simbool van die vier winde. Die antropoloog Frank Hamilton Cushing sê onder die Pima word die simbool van die vier winde gemaak met 'n kruis met vier gebuigde arms (soos 'n gebreekte sonteken). Volgens hom is die swastika wat regs wys hoofsaaklik 'n verteenwoordiging van die sirkel van die vier windgode wat elk aan die punt van sy rigting staan.Frank Hamilton Cushing: "Observations Relative to the Origin of the Fylfot or Swastika", American Anthropologist vol. 9, no. 2, Junie 1907 p335 by JSTOR

Voorgeskiedenis duimnael|links|200px|'n 3 200 jaar oue swastikahalsband wat in die noorde van Iran uitgegrawe is.

Die vroegste bekende swastika is uit 10000 v.C. Dit was deel van "'n ingewikkelde kronkelpatroon van saamgevoegde swastikas" wat op 'n ivoorbeeldjie van 'n voël op 'n terrein uit die laat Paleolitikum in Oekraïne ontdek is. Daar is voorgestel dat dit 'n gestileerde beeld van 'n ooievaar in vlug is. Omdat die beeld naby falliese voorwerpe gekry is, kon dit ook 'n vrugbaarheidsimbool gewees het.