Argelès-sur-Mer (, Katalaans: Argelers de la Marenda of Argelers [əɾʒəˈles]), algemeen bekend as Argelès, is 'n nedersetting in die département Pyrénées-Orientales in die administratiewe streek Oksitanië, Frankryk.
Dit is omtrent 25 km vanaf Perpignan.
Aardrykskunde Argelès-sur-Mer is in die kanton La Côte Vermeille en in die arrondissement Céret geleë.
Argelès-sur-Mer is aan die Côte Vermeille aan die voet van die Albères-bergreeks, naby die Spaanse grens. Dit het die langste strand in die Pyrenées Orientales.
Geskiedenis Tydens die Tweede Wêreldoorlog was Argelès-sur-Mer die ligging van 'n konsentrasiekamp, waar tot 100 000 verslane Spaanse Republikeine langs 'n winderige strand in haglike sanitêre toestande deur die Franse regering geïnterneer is ná die nederlaag van die Spaanse Republiek. Die vlugtelinge het vanaf die winter van 1938/39 na die kamp gestroom ná die ineenstorting van die Katalaanse front na die rebelle-offensief.Corazón Helado de 1939 - Los exilios republicanos
Sport Étoile sportive catalane is die rugbyklub van Argelès-sur-Mer.
links|duimnael|300x300px|Kaart van Argelès-sur-Mer en sy omliggende kommunes. duimnael|Notre-Dame del Prat duimnael|Stadsaal
Verwysings
Kategorie:Munisipaliteite in Pyrénées-Orientales