regs|duimnael|225px|Newfoundlandse soldate in 'n loopgraaf op 1 Julie 1916 duimnael|regs|Ontploffing van die Hawthornrifmyn om 7:20 vm, 1 Julie 1916

Die Slag van die Somme is gevoer tussen Julie en November van 1916 en was een die grootste veldslae van die Eerste Wêreldoorlog. Met meer as 1,5 miljoen ongevalle was dit een van die bloedigste veldslae ooit. Die Geallieerde magte het gepoog om deur die Duitse linies te breek oor 'n 12 km front ten noorde en suide van die Sommerivier in Frankryk. Een van die doelwitte was om Duitse magte weg te lok vanaf die Slag van Verdun; maar die verliese by die Somme het egter die verliese by Verdun oorskry. Teen die einde van die oorlog was die Duitse magte se getalle voor die Geallieerde magte se sterkte uitgeput, hoofsaaklik vanweë 'n oorwig in getalle.

Net soos Verdun simbolies was van die geweldige verliese wat tydens 'n oorlog gely kan word, het die Slag van die Somme vir die Britte dieselfde betekenis ingehou en met 67 470 ongevalle wat 19 240 sterftes op die eerste dag van die veldslag (1 Julie 1916) alleen was dit ook een van die bloedigste dae in Britse krygsgeskiedenis. Die vreeslike gevolge van oorlog is by die Britse publiek tuisgebring deur die vrystelling in Augustus daardie jaar van die propagandafilm getited "Battle of the Somme", wat werklike opnames van die eerste dag van die veldslag vertoon het.

Aanloop Die Geallieerde strategie vir 1916 was grootliks uitgestippel tydens 'n konferensie te Chantilly wat tussen 1 en 8 Desember 1915 gehou is. Tydens die konferensie is besluit dat gesamentlike offensiewe deur die Russe op die Oostelike front, die Italianers in die Alpe (wat aangesluit het by die Entente Cordiale) en die Anglo-Franse magte op die Westerse Front om die Sentrale Moondhede sodoende van alle kante af aan te val.

In laat Desember 1915 het Generaal Douglas Haig vir Generaal John French as opperbevelvoerder van die Britse magte vervang. Haig het 'n Britse aanval in Vlaandere verkies wat nader aan die Britse magte se voorraadroetes oor die Engelse Kanaal was, met die strategiese doelwit om die Duitsers weg van die Belgiese kus aan die Noordsee te verdryf, waarvandaan hulle duikbote die Britse Vloot lastig geval het. Die Britse magte is egter deur die Franse bevelvoerder, Generaal Joseph Joffre, oorreed om 'n gesamentlike offensief te loods op die punt waar die Franse en Britse linies by die Sommerivier in Picardy byeengekom het.

Planne vir die gesamentlike aanval was skaars van stapel gestuur toe die Duitsers hulle aanvalle by die Slag van Verdun op 21 Februarie 1916 geloods het. Aangesien die Franse hul magte moes inspan om Verdun te verdedig is hul bydrae tot die offensief by die Somme baie verminder en het die las grootliks op die Britse magte geval. Frankryk kon uiteindelik slegs 3 leërafdelings bydra tot die aanval.Doughty, Robert A. Pyrrhic Victory: French Strategy and Operation in the Great War. Cambridge, MA: The Belknap Press of Harvard University, 2005. p.291 Soos die Slag van Verdun uitgerek geraak het, het die doelwit van die Somme verander van 'n poging om die Duitse leër 'n deurslaggewende slag toe te dien na 'n poging om die druk op die Franse leër te verlig.Regan, Geoffrey. The Guinness Book of More Military Blunders (London: Guinness Publishing, 1993), p.154.

Die oorspronklike Britse staandemag wat uit ses afdelings bestaan het aan die begin van die oorlog, is grootliks deur die veldslae van 1914 en 1915 uitgewis. Die leër het op hierdie tydstip grootliks uit vrywilligers van Lord Kitchener se New Army bestaan wat vroeg in Augustus van 1914 op die been gebring is. Dit het meegebring dat die ervaring van die soldate en hul bevelvoerders veel te wense oorgelaat het.Regan, Geoffrey. The Guinness Book of More Military Blunders (London: Guinness Publishing, 1993), p.155-6.

Teen die middel van 1916 is die Duitse Luftwaffe se tegnologiese voordeel wat die Fokker Eindecker teweeg gebring het grootliks geneutraliseer en kon die Britse lugmag tien eskadronne van 185 vliegtuie teenoor die Duitsers se 129 in die veld stoot. Die Britte het 'n aggressiewe lugverkenningstaktiek gevolg deur middel van vliegtuie en ballonne en het die Duitsers grootliks dieselfde voordele ontsê. Eers rondom September kon die Duitsers met nuwe bykomstige vliegtuie die balans weer in hul rigting swaai.Johnson, W.E. "Johnny". History of Air Fighting.

Die Duitse verdedigingslinies was hier op die hoë grond geleë en het min aanvalle sedert Oktober 1914 verduur, wat hulle baie tyd gegun het om loopgrawe en diep bombestande bunkers te bou. Verder is die Duitsers ook glad nie deur die aanval verras nie.

Begin van die slag Eerste dag Die veldslag is voorafgegaan deur 7 dae se voorbereidende artillerie-bombardement waartydens die Britte meer as 1,7 miljoen kanonkoeëls afgevuur het. Sewentien myne is ook in tonnels onder die Duitse voorste linies geplant; die drie grootste tonnels alleen het ongeveer 21 ton plofstof bevat.

Die aanval sou geloods word deur Britse 13de Afdelings ten noorde van die Sommerivier en 11 afdelings van die Franse Leër bo-oor en ten suide van die rivier. Hulle is teengestaan deur die Duitse Tweede Leër van Generaal Fritz von Below. Die middelpunt van die aanval sou die Romeinse pad wees wat vanaf Albert in die weste tot Bapaume 19  in die noordooste geloop het.

Die aanval het begin om 7:30 v.m. op 1 Julie 1916 met die ontploffing van die myn onder Hawthornrif 10 minute tevore. Die oorblywende myne is om 7:28 v.m. ontplof (behalwe vir 'n myn by Kasino-punt, wat laat was).

Die Britse infanterie het elk sowat 32 kg se toerusting met hul saamgedra wat hul beweeglikheid gestrem het (daar word deur sommiges beweer dat hierdie syfer oordrewe is aangesien dit die soldate se uniform en stewels ingesluit het) en in sommige gevalle is hulle beveel om in geordende linies teen 'n looppas oor niemansland aan te val.Gordon Corrigan in (Mud, Blood and Poppycock, bl.274) het hierdie bevele verdedig as 'n militêre noodsaaklikheid

Elders het baie eenhede tot in niemansland ingekruip sodat hulle die Duitse loopgrawe kon bestorm sodra die bombardement gestaak is. Ten spyte van die swaar bombardement het baie Duitse verdedigers, wat diep ingegrawe was, oorleef en het hulle die Britse aanvallers 'n skrikwekkende slag toegedien. Van die bydraende faktore wat bygedra het tot die Duitse leërs se vermoë om die bombardement te weerstaan was dat die grootste deel van die Britse bomme fragmentasie bomme was en nie die kragtige springstof bevat het wat benodig is om bunkers te vernietig nie.Regan, Geoffrey. The Guinness Book of More Military Blunders (London: Guinness Publishing, 1993), bl.158. Die akkuraatheid van Britse artillerie was ook nie na wense nie. duimnael|links|250px|Die Britse infanterie se aanvalsplan vir 1 Julie Die enigste sukses is bereik by Mametz en Montauban en aan die Franse sektor. Noord van die Albert-Bapoume pad was die aanslag bykans van meet af aan 'n volslae mislukking. Op 'n paar punte kon die aanvallers die Duitse voorste loopgrawe binnedring, maar hulle getalle was in bykans alle gevalle te min om Duitse teenaanvalle te weerstaan. Die Duitse bombardement van niemandsland het versterkings ook onmoontlik gemaak en verslae aan die agterhoede kon ook nie deurkom nie.

Kommunikasie was ook geheel en al ontoereikend en bevelvoerders was grootliks onbewus van die toedrag van sake op die slagveld. 'n Valse verslag dat die Britse 29ste Afdeling suksesvol was by Beaumont Hamel het daartoe gelei dat die reserwebrigade ook beveel is om vorentoe te beweeg ter ondersteuning. Die eerste Newfoundland Regiment kon egter nie eens die voorste linie se loopgrawe bereik nie en het soveel as 91% verliese gely. 800 manskappe uit die regiment het die slagveld op die dag betree en slegs 68 het ongedeerd daarvan afgekom, met meer as 500 wat gesneuwel het.Die dag word steeds in Newfoundland in Kanada herdenk.

Britse vordering langs die Albert-Bapaume pad is ook gestuit. Hier het nog 'n tragiese opmars deur die Tyneside Irish Brigade van die Britse 34ste afdeling plaasgevind. Hulle het in die ope in duidelike sig van die Duitse masjiengewere opgemars en is uitgewis voordat hulle die voorste loopgrawe kon bereik.

In die sektor suid van die pad het die Franse afdelings groter sukses behaal. Hier was die Duitse verdedigingslinies relatief swak en het die Franse artillerie oor groter getalle en meer ervaring as die Britte beskik. Vanaf die dorp Montauban tot by die Somme-rivier is al die eerste dag se doelwitte bereik. Al was die Franse XX korps slegs bedoel om 'n ondersteunende rol in die sektor te speel het hulle in hierdie geval 'n leidende rol gespeel. Suid van die Somme het Franse magte baie goed gevaar en hul doelwitte oortref. Die eerste Koloniale Korps het vanuit hulle loopgrawe vertrek teen 9:30 vm as deel van 'n skynaanval wat bedoel was om die Duitsers aan die oorkant in 'n valse sin van gerustheid te plaas. Die skynaanval was suksesvol aangesien hulle baie maklik opgemars het. In minder as 'n uur het hulle Fay, Dompierre en Becquincourt bestorm en kon hulle 'n houvas op die Flaucourt-plato verkry. Die hele Duitse linie het in Franse hande beland. Teen 11:00 vm. is die tweede linie - langs Assevillers, Herbecourt en Feuillères - bereik sonder om eers van reserwemagte gebruik te maak. Aan die regterflank van die Koloniale Korps het die XXXV korps ook om 9:30 vm. aangeval maar het minder sukses behaal. Nietemin is al die eerste dag se doelwitte hier bereik. Die Duitse loopgrawe is geheel en al oorweldig en is die vyand heeltemal deur die aanval verras. Die Franse het sowat 1,5 km en 2 km aan die Noord- en Suidoewers respektiewelik vorentoe gestoot.

Oorhoofs gesien was die eerste dag van die Somme aanslag 'n mislukking. Die Britte het 19 240 gesneuweldes, 35 493 gewondes en 2 152 vermiste en 585 gevangenes in verliese gelei vir 'n totale verlies van 57 470 manskappe. Die aanvanklike ongevalle was veral swaar onder offisiere wat steeds verskillend geklee was as die onderoffisiere en ander range. Die Duitsers is ook opgelei om die uniforms uit te ken. Die Franse leër het 7 000 ongevalle in die eerste dag gely.

'n Presiese getal vir die Duitse ongevalle vir 1 Julie is moeilik om vas te stel omdat Duitse eenhede slegs ongevallesyfers elke tiende dag verskaf het. Daar word beraam dat die Duitsers ongeveer 8 000 ongevalle aan die Britse front, 2 200 waarvan krygsgevangenes was gely het. Die groot verskil tussen Britse en Duitse ongevalle was die hoogste by Ovillers wara die 8steBritse Afdeling 5 121 ongevalle gely het terwyl die verdedigende Duitse 180ste Regiment slegs 280 ongevalle gely het, 'n verhouding van 18 tot 1.

Nadraai van die eerste dag duimnael|regs|250px|'n Lugfoto van die Somme slagveld in Julie, geneem vanaf 'n Britse ballon naby Bécourt

Teen 22:00 op 1 Julie het die bevelvoerder van die Britse Vierde leër, Luitenant-Generaal Henry Rawlinson beveel dat die aanval hervat word. Verwarring en swak kommunikasie deur die uitgerekte bevelstruktuur het meegebring dat dit etlike dae geneem word voordat die Britse leiers die skaal van die ramp besef het. Haig het Luitenant-Generaal Hubert Gough aangestel om in die noordelike sektor oor te neem, terwyl die Vierde Leër sou sorg vir die suidelike sektor. Gough was bewus van die fiasko wat in sy sektor ontvou het en het daarom die onmiddellike hervatting van die aanval vertraag tot en met 3 Julie.