Kapampangan (Amánung Kapampángan, Amánung Sísuan; [kəːpəmˈpaːŋən]) is na Tagalog (met Filippyns, as amptelike taal), Cebuano, Ilokano, Hiligaynon, Waray-Waray en Sentraal-Bikol die sewende belangrikste taal van die Filippyne. Die taal word veral in die noordelike dele van die Filippyne gepraat, spesifiek in die sentrale dele van die eiland Luzon. Daarbenewens word Kapampangan deur emigrante in die Verenigde State gepraat, veral in die deelstate Alaska, Hawaii, Kalifornië en Washington.
duimnael|links|Die woord Kapangpángan geskryf in Kulitan, dié taal se historiese skryfstelsel Taalkundiges klassifiseer Kapampangan as 'n Maleis-Polinesiese taal wat nou verwant aan sommige van die ander Austronesiese tale op Luzon. Dit is ietwat minder verwant aan Indonesies en Maleis en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Alaska Kategorie:Hawaii Kategorie:Kalifornië Kategorie:Maleis-Polinesiese tale Kategorie:Tale van die Filippyne Kategorie:Tale van die Verenigde State van Amerika Kategorie:Washington