Christo Albertyn Smith (1898–1956) was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige. Hy was die medeskrywer van 'n beskrywende woordeboek van die algemene name van Suid-Afrikaanse plante, maar dit is eers na sy dood gepubliseer.

Opvoeding en loopbaan Smith is in 1898 in Boksburg gebore. Hy het sy BS-graad in 1920 aan die Universiteit Stellenbosch voltooi, waarna hy onderig in biologie as hoërskoolonderwyser gegee het (1921 - 1924). Hy het in 1925 by die professionele personeel van die Afdeling Plantkunde van die Nasionale Botaniese Tuine in Pretoria aangesluit en van 1928 tot 1931 as botaniese skakelbeampte van die Kew-botaniese tuine in Londen gewerk. Gedurende sy loopbaan het hy 4600 monsters van flora ingesamel, insluitend Amaranthaceae, Asteraceae, Brassicaceae, Crassulaceae, Celastraceae, Fabaceae, Geraniaceae, Oleaceae, Poaceae, Portulacaceae, Rutaceae, Scilloideae, Scrophulariaceae en Vitaceae waarvan die meeste in Pretoria en Kew bewaar is. duimnael|Brassicaceae: Barbarea vulgaris

Hy het in 1931 uit die akademie afgetree en in die joernalistiek begin werk. Hy het as landbouredakteur vir die Natal Witness in Pietermaritzburg gewerk.

Hy het vanaf 1946 vir die Departement van inligting in Suid-Afrika gewerk en is in 1954 as inligtingsbeampte na Canberra, Australië, gestuur.

Hy het in 1956 in Canberra, Australië gesterf.

Die standaard skrywer afkorting C.A.Sm. word gebruik om Christo Albertyn Smith as die outeur aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.

Geselekteerde publikasies Albizia gummifera Smith, C.A. Bulletin of Miscellaneous Information, Royal Gardens, Kew 1930(5): 218. 1930

Sien ook Lys van botaniste volgens outeursafkorting

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels Smith, Christo Albertyn op JSTOR

Kategorie:Geboortes in 1898 Kategorie:Sterftes in 1956 Kategorie:Suid-Afrikaanse wetenskaplikes Kategorie:Suid-Afrikaanse botanici