Louis-Joseph Chevrolet (25 Desember 1878 – 6 Junie 1941) was 'n Switserse renmotorbestuurder, medestigter van die Chevrolet Motor Car Company in 1911 en 'n stigter van die Frontenac Motor Corporation in 1916.
Lewe en loopbaan Louis-Joseph Chevrolet is gebore as die tweede kind van Joseph-Félicien Chevrolet, 'n horlosiemaker, en Marie-Anne Angéline Mahon, in La Chaux-de-Fonds, kanton Neuchâtel, 'n sentrum van horlosiemakery in die noordweste van Switserland. In 1886 het Chevrolet se familie Switserland verlaat om in Beaune, in die Côte-d'Or-departement van Frankryk, te gaan woon. Daar het Louis as jong man sy meganiese vaardighede en belangstelling in fietswedrenne ontwikkel. duimnael| Louis Chevrolet in 'n Frontenac wat hy ontwerp het, omstreeks 1914. In 1905 is hy met Suzanne Treyvoux getroud; die egpaar het twee seuns gehad. In dieselfde jaar is hy deur FIAT as 'n renmotorbestuurder gehuur. In 1907 is Chevrolet deur The Autocar Company in Philadelphia in diens geneem,The Automobile, 17 Januarie 1907, p. 174 waarskynlik vir 'n geheime projek om 'n revolusionêre voorwielaangedrewe renmotor te ontwikkel.
Met weinig formele opleiding het Chevrolet motorontwerp aangeleer terwyl hy vir Buick gewerk het en in 1909 sy eie enjin vir 'n nuwe motor begin ontwerp. Hy het 'n sessilinderenjin met oorhoofse kleppe in sy eie masjienwinkel op Grand River Boulevard in Detroit, Michigan, gebou. Clymer, Floyd. Treasury of Early American Automobiles, 1877–1925 (New York: Bonanza Books, 1950), p.179. Hy word beskou as een van drie mede-ontwerpers van die Buick 60 Special uit 1910, ook bekend as die "Buick Bug".
Chevrolet motoronderneming Op 3 November 1911 stig Chevrolet die Chevrolet Motor Car Company in Detroit saam met sy broer Arthur, Durant en twee ander beleggingsvennote. Die keuse van die logo van die onderneming is 'n aangepaste Switserse kruis, ter ere van die geboorteland van Chevrolet. McPhee, John La Place de la Concorde Suisse. New York: Noonday Press (Farrar, Straus and Giroux), 1984
Motorwedrenne Teen die 1910's het Louis Chevrolet na die renmotorbedryf verskuif en met Howard E. Blood van Allegan, Michigan, saamgewerk om die Cornelian-renmotor te skep. In 1916 begin hy en sy jonger broers Gaston en Arthur Chevrolet die Frontenac Motor Corporation met die ontwerp en vervaardiging van 'n reeks renmotors. Hulle het veral bekend geword vir onder meer hul Fronty-Ford-renmotors.
Louis het vier keer aan die Indianapolis 500 deelgeneem, met 'n beste plek van 7de in 1919. Beide Louis en Gaston het suksesvol met Sunbeams meegeding wat in 1916 'n aantal derde plekke behaal het.
Dood Chevrolet is op 6 Junie 1941 in Detroit aan 'n hartaanval oorlede. Hy was geteister deur aterosklerose wat voorheen tot 'n beenamputasie gelei het. Hy is begrawe in die Holy Cross en Saint Joseph Cemetery in Indianapolis, Indiana.
Verwysings
Kategorie:Chevrolet Kategorie:Amerikaanse renjaers Kategorie:Geboortes in 1878 Kategorie:Sterftes in 1941 Kategorie:Switserse renjaers