Hesperantha pallescens is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Hesperantha behoort en is deel van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Olifantsrivierberge by die Piekenierskloofpas voor. Tans het die plant 'n voorkomsgebied van 27 km² en het reeds 98% van sy habitat afgestaan vir die aanplant van koringlande. Die oorblywende populasies word bedreig deur oorbeweiding en vertrapping deur vee.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
pallescens Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika