Hesperantha latifolia is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Hesperantha behoort en is deel van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom in die Namakwaland op die Kamiesberg voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 5 km² en daar is agt subpopulasies. Die plant word potensieel bedreig deur oorbeweiding en vertrapping en klimaatsverandering aangesien die plant in seisoenale poele groei.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

latifolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika