Hesperantha hantamensis is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Hesperantha behoort en is deel van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom voor in die Hantamberg. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km². Daar is een populasie waarvan 'n gedeelte in 'n reservaat voorkom en beskerm word. Die ander gedeelte word bedreig deur pad verbreding en dam konstruksie.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

hantamensis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika