Disa remota is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Disa behoort en deel is van die fynbos. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom op Fonteintjiesberg tussen Worcester en Ceres voor waar daar net een populasie is. Die spesie blom net na dit gebrand het en kan dus maklik misgekyk word tydens opnames. Die plant word as seldsaam beskou.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika remota