Kniphofia flammula is 'n meerjarige plant wat tot die genus Kniphofia behoort. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal en kom tussen Glencoe en Dannhauser voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 10 km² en kom voor in moerasagtige veld. Die plant word bedreig deur dam konstruksie, een sub populasie het reeds verlore gegaan nadat 'n dam vol water geraak het. Die populasie word ook bedreig deur oorbeweiding, vertrapping, indringerplante en 'n gebrek aan veldbrand beheer.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
flammula Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika