Lourens Albertus Petrus Anderson Munnik (gebore 3 Augustus 1925 in Kaapstad – 12 Julie 2016 in Somerset-Wes, Wes-Kaapprovinsie) was 'n Suid-Afrikaanse geneesheer en politikus.

Biografie L.A.P.A. Munnik (so genoem weens sy vele voorletters), 'n gegradueerde in die geneeskunde aan die Universiteit van Kaapstad, was eers burgemeester van die dorpie Dordrecht in die Oos-Kaap (1955-1960), en daarna 'n lid van die provinsiale raad van die Kaapprovinsie vir die kiesafdeling Aliwal-Noord (1962-1972), kiesafdeling Caledon (1972-1975), toe administrateur van die Kaapprovinsie (1975-1979) en laastens vir dié van Durbanville (1979-1986).

Hy het in 1979 by die kabinet van P.W. Botha aangesluit as minister van gesondheid, volkswelsyn en pensioene (1979-1981) en daarna as minister van gesondheid en volkswelsyn (1982), poswese en telekommunikasie (1982-1984) en minister van openbare werke (1985-1986). In hierdie hoedanigheid beplan hy en hou hy toesig oor die bou in Frankryk van die Suid-Afrikaanse Nasionale Gedenkmuseum in Delvillebos.

Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1925 Kategorie:Sterftes in 2016