Gladiolus subcaeruleus is 'n meerjarige geofiet wat tot die genus Gladiolus behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor van Caledon tot Bredasdorp. Die plant het egter reeds 80% van sy habitat afgestaan aan graanboerdery. Die meeste van die bestaande populasie kom voor in die Riviersonderendberge en Shaw se berg. Hier word hulle bedreig deur indringerplante.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika subcaeruleus