duimnael|280px|Djedda-straatrenbaan Die Saoedi-Arabiese Grand Prix is 'n Formule Een-motorwedren wat die eerste keer in 2021 plaasgevind het. Die eerste uitgawe van die resies is in Djedda gehou. Die ren word na die Singapoerse Grand Prix die tweede volle nagren op die Formule Een-kalender.

Geskiedenis Die Saoedi-Arabiese Grand Prix verskyn vir die eerste keer as konsep vir die 2021-seisoen, wat tydens 'n vergadering van die Formule Een-kommissie in Oktober 2020 aan spanne vertoon is. In die konsepkalender is al 22 wedrenne van die oorspronklike 2020 kalender oorgedra, met die toevoeging van Saoedi-Arabië. In November 2020 is aangekondig dat die stad Djedda die eerste Grand Prix van Saoedi-Arabië sal aanbied, in samewerking met die Saoedi-Arabiese motor- en motorfietsfederasie. Die Djedda-straatrenbaan is op die kusstrook van die Rooisee geleë.

Renbaan Djedda is aangewys as die 'vinnigste straatbaan' op die Formule Eenkalender, waar Formule Eenmotors gemiddelde snelhede van meer as 250 km/h (160 mpu) kan haal. Die baan is die tweede langste baan op die Formule Een-kalender, met slegs Spa-Francorchamps wat langer is.

Die baan is op die Djeddastrook, wat aan die Rooisee grens, gebou. Die baan is deur Carsten Tilke, seun van die bekende Hermann Tilke, ontwerp.

Wenners van die Grand Prix

Jaar Renjaer Vervaardiger Baan Verslag2025 Oscar Piastri McLaren-Mercedes Djedda Verslag2024 Max Verstappen Red Bull Racing-Honda RBPT Verslag2023 Sergio Pérez Red Bull Racing-Honda RBPT Verslag2022 Max Verstappen Red Bull Racing-RBPT Verslag2021 Lewis Hamilton Mercedes Verslag

Verwysings

Kategorie:Sport in Saoedi-Arabië Kategorie:Formule Een Grands Prix