Jacobus Tertius Delport (16 Oktober 1939 - 21 November 2023) was 'n voormalige Suid-Afrikaanse parlementslid wat saam met Joe Slovo 'n belangrike rol gespeel het in die opstel van die nuwe Suid-Afrikaanse Grondwet. Hy was aanvanklik 'n lid van die Nasionale Party, maar het later oorgeloop na die Demokratiese Party (nou die Demokratiese Alliansie).
Beroepsopleiding Hy behaal sy BA LLB aan die Universiteit Stellenbosch en ontvang 'n LLD aan die Universiteit van Port Elizabeth, waar hy ook as dekaan van die Regsfakulteit (1976–87) gedien het.
Politieke loopbaan Hy betree die politiek in 1987 as parlementslid en dien as minister van plaaslike regering in president F.W. de Klerk se regering.
Op 9 Februarie 2009 het Delport sy afskeidstoespraak in die parlement gelewer en kritiek gelewer op president Kgalema Motlanthe se onlangse staatsrede deur Suid-Afrika se "afwaartse spiraal" te betreur.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1939 Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers Kategorie:Sterftes in 2023