Die Aloe striata is 'n aalwyn wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en Wes-Kaap. Dit vorm deel van die fynbos en kom voor van Worcester tot by die Groot-Keirivier en binnelands so ver as Graaff-Reinet, Cradock en Queenstown. Dit het gladde, seegroen tot turkoois blare met pienkerige, tandlose rande, en dit dra bondels koraaloranje blomme in die lente.
Galery
Sien ook Lys van aalwynspesies
Verwysings
Bronnelys
REDLIST Sanbi Plants of the World Online
striata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika