Astroloba rubriflora is 'n sukkulent wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Robertson, Bonnievale en McGregor voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 800 km² en daar is agt subpopulasies. Die plant het 15% van sy habitat afgestaan aan die aanlê van druiwe wingerde en vrugte boorde die afgelope 50 jaar. Die bedreigings hou aan.
Galery
Sien ook Lys van aalwynspesies
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
rubriflora Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika