Erica prolata is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Hier kom dit voor van Kaap Infanta tot by Stilbaai en in die binneland tot by Swellendam. Daar is moontlik vyf subpopulasies oor waarvan slegs die een in die Nasionale Bontebokpark beskerm word. Die ander subpopulasies se habitat neem af as gevolg van indringerplante soos die rooikrans en landbou aktiwiteite.

Sien ook Lys van Erica-spesies

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

prolata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika