Erica melanacme is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom van Gansbaai tot De Hoop. Daar is tans net twee gefragmenteerde subpopulasies oor. Die plant se habitat is verwoes deur landbou en ook binnegedring deur indringerplante soos die Acacia-spesies. Die proses is nog steeds aan die gang.
Sien ook Lys van Erica-spesies
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
melanacme Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika