Winternest Landbouhoewes is 'n nedersetting sentraal-oos in die hoofplek Akasia. Dit is noordwes van Pretoria in die Gauteng-provinsie van Suid-Afrika geleë en is onder beheer van die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit. Winternest het ongeveer 2 370 inwoners van gemengde kultuur in 2011 gehad.
Winternest LH lê weerskante van die Platinumhoofweg, met Clarina aan sy noordekant en Hesteapark aan sy oostekant.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Pretoria