Die Indianapolis Motor Speedway is 'n motorrenbaan in Speedway, Indiana in die VSA. Dit is die tweede oudste motorrenbaan wat steeds gebruik word in die wêreld. Dit is 4,023 km lank.

Geskiedenis Die renbaan was gasheer vir die wêreldbekende Indianapolis 500 ren, oorspronklik gehou op 30 Mei en daarna verskuif na die laaste Sondag van Mei.

Sedert 1994 was die baan ook gasheer vir NASCAR se sogenaamde Brickyard 400 wat sedertdien nog elke jaar daar gehou is.

In 1998 het Tony George, eienaar van die baan, 'n kontrak geteken om Formule Een se Verenigde State Grand Prix aan te bied vanaf 2000 en dit het vir heelwat opwinding en omstredenheid gesorg tot die voorlopig laaste ren in 2007.

Formule Eenrenne by Indianapolis Motor Speedway 2000

'n Reënbui voor die ren sorg vir 'n nat wegspring maar die baan droog vinnig uit en Michael Schumacher wen, met Rubens Barrichello tweede, op pad na 'n derde wêreldkampioenskap.

2001

Mika Häkkinen wen vir die laaste keer in sy loopbaan voor hy aan die einde van die seisoen uittree.

2002

Michael Schumacher en Rubens Barrichello was nog in die hele ren voor en op die laaste rondte het Schumacher begin stadiger ry in 'n poging dat hy en Barrichello gelyk sal klaarmaak. Dit het misluk en Barrichello het hom met 0,011 sekondes gewen, die tweede naaste einde aan 'n Formule Een ren.

2003

Die wegspring was weereens, soos 3 jaar gelede, in nat toestande. Die reën het opgehou maar 'n paar keer weer teruggekeer. Dit het gesorg vir baie opwinding en Michael Schumacher wen teen Kimi Räikkönen in 'n ren waar die beste strategie die wenner bepaal het.

2004

Die ren word verskuif na Junie en was dramaties met twee veiligheidsmotorperiodes. Die ren het begin met 'n ongeluk op die eerste draai waarin vele motors betrokke was en 4 uit die ren uit was, dit het gesorg vir die eerste veiligheidsmotorperiode. Op rondte 9 het Fernando Alonso se band gebars en skaars een rondte later het Ralf Schumacher ook 'n band gebars in die 300 km/h draai 13. Hy het 'n rugbesering opgedoen, waarna hy 6 renne moes uitsit om te herstel, en Michael Schumacher het weer gewen met Barrichello tweede.

2005

Veiligheidskwessies oor Michelin se bande het veroorsaak dat net die motors met Bridgestone bande wegspring na 'n volle naweek se bespiegelinge. Schumacher het hierdie ongewone ren gewen gevolg deur Barrichello en Tiago Monteiro, wat nog nie voorheen punte verdien het nie, was derde. Daar was 'n vraagteken oor die toekoms van die ren maar die ren is behou vir 2006.

regs|duimnael|250px|Die uitleg van die renbaan

2006

'n Agt-motorongeluk by die eerste draai sorg vir 'n 7-rondte-lange veiligheidsmotorperiode, sonder verdere drama daarna wen Michael Schumacher met Felipe Massa tweede in 'n ren wat net 9 motors kon voltooi.

2007

Nuweling Lewis Hamilton wen met Fernando Alonso in die tweede plek, nadat hulle deur die hele ren gewedywer het vir eerste plek. Nie veel drama soos in vorige jare nie, maar die twee McLarenspanmaats se geveg vir eerste plek het vir vele opwinding gesorg.

2008 Indianapolis Motorfiets Grand Prix Die Wêreldmotorfiets Grand Prix-kampioenskap sou vanaf 2008 'n tweede ren in die VSA hê op 'n opgegradeerde weergawe van die Formule Eenbaan.

Verwysings

Eksterne skakels

Indianapolis Motor Speedway – Amptelike webwerf

Kategorie:Indiana Kategorie:Verenigde State Grand Prix Kategorie:Renbane in die Verenigde State van Amerika