Hierdie is 'n tydlyn van die geskiedenis van die gebied in die huidige Suid-Afrika.
Voor Christus Jagter-versamelaars, voorouers van die Khoisan (Khoikhoi en San), bly in Suider-Afrika. 1400s 1487 Portugese ekspedisie onder leiding van Bartolomeus Dias bereik Mosselbaai. 1600s 1652 Die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie stig 'n verversingstasie aan die Kaap die Goeie Hoop. 1652–1795 Ontstaan en uitbreiding van die Afrikaners; die Khoisan oorwin; slawe wat van Indonesië, Indië, Ceylon, Madagaskar en Mosambiek ingevoer is. 1700s 1779-1781 Eerste Grensoorlog 1793 Tweede Grensoorlog 1795 Brittanje verower die Kaapkolonie van die Nederlanders.
1800s 1803 Die Nederlanders (Bataafse Republiek) herwin die Kaapkolonie deur ‘n verdrag. 1806 Brittanje verower die Kaapkolonie. 1811–12 Britse en koloniale magte verdryf die Xhosas uit die gebied wes van die Groot-Visrivier. 1815 Opkoms van grensboere (Slagtersnek-rebellie). 1816–28 Shaka skep die Zoeloe-koninkryk; oorlogvoering onder Afrikane in die grootste deel van Suidoos-Afrika (die Mfecane). 1820 Britse setlaars arriveer in die Kaapkolonie. 1828 Die Kaapse koloniale regering herroep die paswette wat in 1809 ingestel is en die Khoisan raak. 1834–38 Kaapse koloniale slawe word vrygestel. 1834–35 Britse en koloniale magte verslaan die Xhosas. 1835–40 Vyfduisend Afrikaners (later bekend as Voortrekkers) verlaat die Kaapkolonie; 'n beweging wat later bekend staan as die Groot Trek. 1838 'n Afrikaner-kommando verslaan die Zoeloe-leër tydens die slag van Bloedrivier. 1843 Brittanje annekseer Natal. 1846–47 Britse en koloniale magte verslaan die Xhosas. 1852 & 1854 Brittanje erken die Transvaal en Oranje-Vrystaat as onafhanklike Afrikanerrepublieke 1856–57 Die Nasionale Selfmoord van Xhosas. 1858 Basotho wen die oorlog teen die Oranje-Vrystaat. 1862-1864 Transvaalse Burgeroorlog 1865–67 Die Oranje-Vrystaat verslaan die Basotho. 1867 Diamantontginning begin in Griekwaland-Wes. 1868 Brittanje annekseer Basoetoland (hedendaagse Lesotho). 1873 Langalibalele-rebellie 1875 Die Genootskap van Regte Afrikaners word gestig. 1877 Brittanje annekseer Transvaal. 1879 Britse en koloniale magte verslaan die Zoeloes nadat hulle 'n regiment in Isandhlwana verloor het. 1880–81 Transvaalse Afrikaners herwin hul onafhanklikheid. 1886 Goudmynbou begin aan die Witwatersrand. 1895–96 Leander Starr Jameson lei 'n onsuksesvolle inval in Transvaal. 1897–98 Runderpes veroorsaak groot hoeveelheid veevrektes. 1898 Transvaalse kommando's verower die Venda en voltooi daarmee die wit verowering van die Swartbevolking van Suider-Afrika. 1899–1902 Die Tweede Vryheidsoorlog, Brittanje verower die Afrikanerrepublieke.
1900s 1904–7 Kamer van Mynwese bring 63 397 Chinese werkers in Suid-Afrika in om op die myne te werk. 1906–7 Brittanje gee die parlementêre regering aan die voormalige republieke; net Blankes het stemreg. 1910 Die Kaapkolonie, Natal, Transvaal en die Oranje-Vrystaat sluit aan om die Unie van Suid-Afrika te vorm. 1912 South African Native National Congress (NNC) gestig; word later die African National Congress (ANC). 1913 Die Wet op Naturellengrond beperk die grondeienaarskap van Afrika tot die reservate; die begin van 'n reeks skeidingswette. 1914–19 As lid van die Britse Ryk neem Suid-Afrika deel aan die Eerste Wêreldoorlog. 1917 Anglo American-korporasie word gestig. 1921 Kommunistiese party van Suid-Afrika gestig Bulhoek-opstand 1922 Wit stakers neem beheer oor Johannesburg maar is verslaan deur regeringstroepe. 1936 Swart parlementêre kiesers word op 'n aparte rol geplaas. 1939–45 Suid-Afrika neem aan die Geallieerdes deel aan die Tweede Wêreldoorlog. 1946 70 000 tot 100 000 swart goudmynwerkers staak vir hoër lone; troepe dryf hulle terug na die myne. 1948 Die Herenigde Nasionale Party wen 'n algemene verkiesing en begin om sy beleid van apartheid toe te pas. 1950 Die Wet op Bevolkingsregistrasie klassifiseer mense volgens ras; die Wet op Groepsgebiede het verskillende dele van residensiële en sakegebiede in stede en dorpe eksklusief aan verskillende rasse toegeken. 1952 Die ANC en sy bondgenote begin 'n passiewe versetveldtog. 1953 Die regering neem beheer oor swart-onderwys oor. 1955 Die Congress of the People neem die Vryheidsmanifes aan. 1956 156 lede van Congress Alliance word van hoogverraad aangekla. Gekleurde parlementêre kiesers word op 'n aparte rol geplaas. 1958–66 Hendrik Verwoerd is eerste minister. 1959 Pan Africanist Congress of Azania (PAC) gestig. 1960 Die Swart- en Bruinverteenwoordiging in die Parlement (deur Blankes) is beëindig. Die polisie skiet 67 betogers dood wat teen paswette in Sharpeville betoog het; die regering verbied talle swart politieke organisasies. 1961 Suid-Afrika word 'n republiek en verlaat die Britse Statebond. 1964 Nelson Mandela en ander ANC- en PAC-leiers tot lewenslange tronkstraf gevonnis. 1966 Lesotho en Botswana word onafhanklike state. Hendrik Verwoerd sterf in 'n sluipmoord-aanval. 1968 Eswatini word onafhanklik. 1975–76 Mosambiek en Angola word onafhanklike state. 1976–77 Minstens 575 mense sterf in konfrontasies tussen swartes en polisie in Soweto en ander townships in Suid-Afrika. 1976–81 Suid-Afrika verleen "onafhanklikheid" aan die Transkei, Bophuthatswana, Venda en die Ciskei-tuislande, maar hulle word nie in die buiteland erken nie. 1977 Die VN-Veiligheidsraad stel 'n verpligte verbod op die verskaffing van wapens aan Suid-Afrika. 1978–84 PW Botha word eerste minister 1979 Swart-vakbonde kan registreer en toegang kry tot die nywerheidshof en die reg om te staak. 1980 Zimbabwe (voorheen Rhodesië) word onafhanklik. 1981–88 Suid-Afrikaanse magte val Angola binne en doen hakkejag-operasies in Lesotho, Mosambiek, Zimbabwe en Zambië; ANC guerrillas lood saboteer aanvalle in Suid-Afrikaanse stede. 1983 United Democratic Front (UDF) gestig. 1984 'n Nuwe grondwet gee aan Asiërs en Bruinmense beperkte deelname aan die sentrale regering, maar nie aan Swartes nie. PW Botha word staatspresident. 1984–86 Langdurige en wydverspreide en geweldadige weerstand teen die regering in swart Suid-Afrikaanse townships. Gewelddadige regeringsreaksies om die opstande te beheer. 1985 Rubicon-toespraak. Eerste kontakte tussen die regering en gevange en verbanne ANC-leiers. 1986 Paswette herroep. Die regering verkondig 'n landwye noodtoestand, hou duisende mense aan en verbied die pers, radio en televisie om oor die onrus te berig. Die Amerikaanse Kongres aanvaar ‘n omvattende anti-apartheidswet ten spyte van president Ronald Reagan se veto daarvan. 1986–95 Hewige konflik tussen Zoeloe-ondersteuners van Inkatha en die ANC in KwaZulu en aan die Witwatersrand. 1987 Drie weke staking deur 250 000 swart mynwerkers. 1988 Suid-Afrika onderneem om uit Angola te onttrek en saam te werk aan die VN-gemonitorde onafhanklikheidsproses in Namibië. 1989 Frederik Willem de Klerk volg Botha op, eers as leier van die Nasionale Party, daarna president. 1990 De Klerk ontban die ANC, PAC en SAKP; Mandela en ander politieke gevangenes word vrygelaat. Namibië word onafhanklik. 1990–91 1913 en 1936 Grondwette, Groepsgebiedewet, Wet op Bevolkingsregistrasie en Afsonderlike Geriewe opgehef. Politieke organisasies ontban; noodtoestand word herroep; te midde van wydverspreide geweld. Begin van formele onderhandelinge tussen afgevaardigdes van 18 partye. 1992 Wit kiesers steun die onderhandelingsproses in 'n referendum. Boipatong-slagting vind plaas met 45 inwoners van Boipatong wat deur Zoeloe-hostel-inwoners vermoor is lei tot die ANC wat aan die onderhandelinge onttrek. 1993 Onderhandelinge hervat; de Klerk, Mandela en leiers van 18 ander partye onderskryf 'n tussentydse grondwet. 1994 Regerings van die "Tuislande" van Bophuthatswana en Ciskei stort ineen. Die ANC wen die eerste nie-rassige-verkiesing (27–30 April). Nelson Mandela word as president ingesweer (10 Mei) en vorm die regering van nasionale eenheid. Buitelandse regerings hef sanksies op; Suid-Afrika sluit weer by die Britse Statebond aan. 1995 Inhuldiging van die konstitusionele hof (Februarie); dit skaf die doodstraf af (Mei). Inkatha onttrek hom aan die Grondwetlike Vergadering (April) Inhuldiging van die Kommissie vir die Herstel van Grondregte (Mei) Die Waarheid-en-versoeningskommissie begin werk. 1996 Grondwet van Suid-Afrika aanvaar. Die Nasionale Party onttrek hom aan die regering van nasionale eenheid. 1998 Publikasie van die Waarheids- en Versoeningskommissie se verslag 1999 Algemene verkiesing, die ANC wen 66 persent van die stemme. Die Demokratiese Party vervang die Nasionale Party as die amptelike opposisie. Mandela tree af as president en word opgevolg deur Thabo Mbeki. Stakings deur staatsamptenare, insluitend onderwysers.
2000s 2000 Grootskaalse industriële staking. 13de internasionale konferensie oor vigs vergader in Durban. 2001 Die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting tree in werking. Grootboom se reg op behuisingsaak beslis deur die konstitusionele hof beslis. 2002 Behandeling aksie veldtog saak oor toegang tot anti-retrovirale middels beslis deur die konstitusionele hof. Vorming van Demokratiese Alliansie. Afrika Unie in Durban gestig. Nuwe vennootskap vir Afrika-ontwikkeling gesig. 2003 Patricia de Lille stig die Onafhanklike Demokrate. Die kabinet oorheers Mbeki en kondig die plan vir die implementering van antiretrovirale middels aan. Inwerkingstelling van breëbasiswet vir swart bemagtiging. 2004 Mbeki vir die tweede termyn verkies. Antiterrorisme Wet aanvaar. Jaftha v. Schoeman reg op behuisingsaak beslis deur die konstitusionele hof. 2005 Nuwe Nasionale Party ontbind. Mbeki verwyder Jacob Zuma as adjunkpresident. 2006 Zuma vrygespreek van aanklag van verkragting. Regterlike Dienskommissie verwerp openbare ondersoek na die aktiwiteite van Kaapse regter John Hlophe. VN se spesiale afgevaardigde vir vigs in Afrika, sê Suid-Afrika bevorder 'n “kranksinnige” houding teenoor vigs 2007 Skerpioene kla Jacob Zuma aan op aanklagte van korrupsie. Regters van die konstitusionele hof dien aanklagte in teen regter Hlophe. Zuma verslaan Mbeki vir ANC-presidentskap op die ANC-konferensie in Polokwane. 2008 Magsdelingsooreenkoms in Zimbabwe. Korrupsieklagte teen Zuma teruggetrek. Mbeki bedank Kgalema Motlanthe ingehuldig as president. Barbara Hogan word minister van gesondheid. Congress of the People (COPE) gestig. 2009 Jacob Zuma tot president verkies. Zuma stel Sandile Ngcobo aan as hoofregter. Zuma lewer toespraak op die Wêreldvigsdag waarin hy beleid aankondig om antiretrovirale middels wyd te versprei. 2010 Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling verklaar Suid-Afrika as een van die wêreld se ongelykste samelewings. Die regering erken dat die breë swart ekonomiese bemagtigingsprogram grotendeels 'n mislukking was Suid-Afrika reik nie visum aan die Dalai Lama uit om Desmond Tutu se tagtigste verjaardagpartytjie by te woon nie 2011 Aktivis Andries Tatane gedood deur polisie tydens protes oor dienslewering. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ondersoek klagtes oor waterkwaliteit en probleme met voorsiening. 2012 ANC-eeufeesvieringe Marikana-slagting Moody’s gradeer Suid-Afrika af. ANC-konferensie in Mangaung, het Zuma die ANC-president herkies. 2013 Mamphela Ramphele stig Agang SA Suid-Afrikaanse troepe dood in gevegte in die Sentraal-Afrikaanse Republiek. Julius Malema stig die Economic Freedom Fighters 2014 Twintigste herdenking van ‘n demokratiese Suid-Afrika. 2019 Sesde demokratiese algemene verkiesing vind plaas en die ANC verwerf 57% van die stemme. 2018 Cyril Ramaphosa word president. 2020 Landswye staat van inperking as gevolg van die Covid-19-pandemie. 2021 Suid-Afrikaanse onrus van 2021
Sien ook Geskiedenis van Suid-Afrika Lys van jare in Suid-Afrika
Bronnelys Leonard Thompson, (Opgedateer deur Lynn Berat ), 2014. A History of South Africa. 4de Uitgawe, New Haven: Yale University Press.
Kategorie:Tydlyne volgens land