duimnael|Nasa-Satellietbeeld van Noord-Europa duimnael|Nasa-Satellietbeeld van Skandinawië duimnael|Noord-Europa soos gedefinieer deur die Verenigde Nasies duimnael|Noord-Europese tale: duimnael|'n Nederlandse kaart van Noord-Europa wat 1601 gedruk is
Noord-Europa of Noordelike Europa is 'n term wat verwys na die noordelike deel van Europa waarvan die grense op 'n paar verskillende manier gedefinieer kan word. Die Nordiese Lande: Denemarke, Finland, Ysland, Noorweë en Swede, sowel as die outonome gebiede Åland, die Faroëreilande, Jan Mayen en Svalbard. Hoewel polities en histories nou geskakel met Noord-Europa, word die Nordiese gebied Groenland geografies eerder as deel van Noord-Amerika gesien.
saam met 'n seleksie van die volgende wat van definisie tot definisie afhang: Die Baltiese lande: Estland, Letland en Litaue. Die Britse Eilande: Groot-Brittanje, die Kanaaleilande en die Eiland Man (sien ook Wes-Europa). Ierland Gebiede wat aan die Oossee of Noordsee is of wat daaraan grens, i.e. Noordwestelike Rusland (insluitend Kaliningrad), Nederland, België, Luxemburg, die noordelike dele van Pole, Duitsland en Frankryk (Nord-Pas-de-Calais). Soms word Ingria, Karelië en die Kola-skiereiland ook ingesluit (sien ook Oos-Europa).
Die Verenigde Nasies definieer Noord-Europa as:http://unstats.un.org/unsd/methods/m49/m49regin.htm#europe (Finland)
(Denemark)
Kanaaleilande: en
Svalbard en Jan Mayen (Noorweë)
Voor die 19de eeu is die terme "Nordies" of "Noordelik" algemeen gebruik om Noord-Europa te bedoel in 'n sin wat die Nordiese lande Europese Rusland, die Baltiese lande (op daardie stadium Lyfland en Koerland) en Groenland ingesluit het.
Selfs vroeër toe Europa deur die Middellandse Seegebied oorheers is (i.e. die Romeinse Ryk), is alles wat nie naby die See was nie as Noord-Europa gesien, insluitend Duitsland, die Lae Lande en Oostenryk. Hierdie betekenis word vandag not in sekere omstandighede gebruik soos wanneer daar van die Noordelike Renaissance gepraat word. Noord-Europa: Land Oppervlak(km²) Bevolking(2008 est.) Bevolkingsdigtheid(per km²) Hoofstad (Finland) 1 552 26 008 16,8 Mariehamn 43 094 5 470 919 124,6 Kopenhagen 45 226 1 342 409 31,3 Tallinn (Denemarke) 1 399 48 500 32,9 Tórshavn 336 593 5 301 992 15,3 Helsinki 78 65 573 828,0 Saint Peter Port 70 280 4 339 000 60,3 Dublin 116 95 871 773,9 Saint Helier 64 589 2 366 515 36,6 Riga 65 200 3 601 138 55,2 Vilnius 572 80 058 129,1 Douglas 324 220 4 525 116 14,0 Oslo Svalbard en Jan Mayen (Noorweë) 62 049 2 868 0,046 Longyearbyen 449 964 9 142 817 19,7 Stockholm 244 820 66 100 835 244,2 Londen 103 000 313 376 3,1 Reykjavik
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Gebiede van Europa