Die R509 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat begin waar dit aftak van die R24-provinsiale roete by Magaliesburg in 'n weswaartse rigting. Die roete kruis die R500 en gaan deur Derby waar dit die R30 kruis. Daarna gaan die roete deur Koster waar dit die R52 kruis. Die roete eindig waar dit, net oos van Swartruggens, by die N4-nasionale pad aansluit.

Sien ook Lys van streeksroetes in Suid-Afrika Genommerde roetes in Suid-Afrika

Bron Dept. Transport

Kategorie:Streeksroetes in Noordwes