Laura Anne Ingraham is 'n Amerikaanse konserwatiewe televisie aanbieder. Gale Biography In Context. Ingraham het vir byna twee dekades die nasionaal-gesindikeerde radioprogram The Laura Ingraham Show aangebied en is die hoofredaktrise van LifeZette. Sy is met ingang Oktober 2017 die aanbieder van The Ingraham Angle op die Fox-nuuskanaal.

Ingraham het in die laat-1980's as 'n toespraakskrywer in die administrasie van President Ronald Reagan gewerk. Hierna het sy 'n Juris Doctor-graad verwerf en voortgegaan om as 'n regsklerk te werk by die Second Circuit Court of Appeals in New York. Hierna het sy gewerk as klerk vir Regter Clarence Thomas. Sy het ook vir die prokureursfirma Skadden, Arps, Slate, Meagher & Flom in New York gewerk. Ingraham het in die negentigerjare met haar loopbaan in die media begin.

Verwysings

Eksterne skakels

LifeZette tuisblad

Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Lewende mense