Sefora Hixsonia "Sisi" Ntombela (gebore op 16 April 1957 te Tweeling, Vrystaat, Suid-Afrika) is 'n Suid-Afrikaanse politikus, die voormalige premier van die Vrystaat en 'n voormalige lid van die Vrystaatse provinsiale wetgewer. Sy was voorheen die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake asook menslike nedersettings. Sy was ook die Vrystaatse LUR vir maatskaplike ontwikkeling. Ntombela is die adjunkpresident van die African National Congress Women's League en die tesourier van die Vrystaatse ANC. Sefora Hixsonia Ntombela. URL besoek op 29 April 2019.
Vroeë lewe en loopbaan Sefora Hixsonia Ntombela is as een van ses kinders in die klein boerderygemeenskap Tweeling in die Vrystaat gebore. Sy het op 'n jong ouderdom die bynaam "Sisi" gekry. Sy was op skool in die Tweeling Combined School en het later by die Kganyeng Sekondêre Skool gematrikuleer. Sy het hierna aan die Bonamelo Training College studeer en as onderwyseres teruggekeer na die Tweeling Combine School.
Politieke loopbaan Ntombela het as gesinsbeplanner en jeugkonsultant vir die Departement van Gesondheid gewerk.
Later word Ntombela lid van die African National Congress en word verkies tot voorsitter van die Tweeling African National Congress Vroueligatak. Sy word gou streeksvoorsitter. Na die verkiesing in 1994 word Ntombela as burgemeester van die Tweeling-munisipaliteit verkies en dien hier tot haar verkiesing tot die Vrystaatse provinsiale wetgewer in 1999. Sy was 'n lid van die wetgewer tot sy in 2001 in die Nasionale Vergadering aangestel is. Sy keer in 2004 terug na die provinsiale wetgewer en word aangewys as voorsitter van beide die komitees vir maatskaplike ontwikkeling en gesondheidsportefeuljes. Premier takes over . URL besoek op 29 April 2019.
In Mei 2009 het die nuutverkose Vrystaatse premier, Ace Magashule, aangekondig dat Ntombela die pos as LUR vir maatskaplike ontwikkeling sal inneem. Ntombela is in Augustus 2015 tot adjunkpresident van die African National Congress Women's League verkies. ANCWL nominates candidates for its top five positions. URL besoek op 29 April 2019. Magashule het sy Uitvoerende Raad in Oktober 2016 geskommel en Ntombela aangestel in die portefeulje Samewerkende Regering en Tradisionele Sake en Menslike Nedersettings van die Uitvoerende Raad.Magashule chooses four women for council. URL besoek op 29 April 2019.Ace Magashule reshuffles the Free State's cabinet, BusinessLIVE. URL besoek op 29 April 2019.
In Maart 2018 is Ntombela deur die African National Congress gekies om Ace Magashule op te volg as premier van die Vrystaat. Sy neem op 27 Maart 2018 haar amp op en word die vierde vroulike premier van die provinsie. Sy is in Mei 2018 as tesourier van die Vrystaatse ANC-tak verkies.New leadership elected for ANC in the Free State. Retrieved on 21 July 2019. Na die verkiesing in Mei 2019 het die African National Congress aangekondig dat hy Ntombela in haar posisie as premier van die Vrystaat behou het.ANC announces premier candidates . Retrieved on 13 May 2019.Meet SA's newly elected premiers. Retrieved on 22 May 2019.
Op 21 Februarie 2023 kondig sy haar bedanking as premier aan nadat sy deur die nuutverkose ANC Provinsiale Uitvoerende Komitee herroep is.
Persoonlike lewe Ntombela is getroud met die ANC-parlementslid, Madala Louis David Ntombela. Sy het positief getoets vir COVID-19 in Oktober 2020, maar het ten volle herstel.
Verwysings
Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Lewende mense