Saraiki (سرائیکی; Sarā'īkī, ook Siraiki of Seraiki) is 'n Indo-Ariese taal van die Lahnda-groep wat deur sowat 26 miljoen mense, veral Saraiki's, in die suidweste van die Pakistanse provinsie Pandjab gepraat word. Dit was voorheen bekend as Multani, genoem na sy belangrikste dialek, wat op sy beurt na die stad Multan genoem is.
duimnael|links|Die woord "Saraiki" in Persies-Arabiese skrif duimnael|links|Die Saraiki-alfabet Saraiki is tot 'n groot mate onderling verstaanbaar met Pandjabi en deel met dié taal 'n groot hoeveelheid van sy woordeskat en morfologie. Gelyktydig verskil sy fonologie baie (veral in die gebreek aan tone, die behoud van die klem en die ontwikkeling van implosiewe medeklinkers) en dit deel baie belangrike grammatikale ooreenstemmings met Sindhi wat verder suid gebesig word.
Die Saraiki taalidentiteit het in die 1960's ontstaan en sluit nouer plaaslike vroeëre identiteite (soos Multani of Riasati) in, terwyl dit homself gelyktydig van breër identiteite soos dié van Pandjabi onderskei.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Indo-Ariese tale Kategorie:Tale van Pakistan