Vitantonio "Tonio" Liuzzi (gebore op 6 Augustus 1980 ) is 'n Italiaanse professionele renjaer wat voorheen in Formule Een vir die spanne van Red Bull, Toro Rosso, Force India en HRT gejaag het. Hy het wonings in Lugano, Switserland en Pescara, Italië. links|duimnael|Liuzzi jaag vir die Red Bull Junior Team tydens die Hongaarse ronde van die 2003 Internasionale Formule 3000-seisoen

Formule Een (2005-2011) Liuzzi se goeie prestasie in Formule 3000 het gelei tot bespiegelinge dat Ferrari hom moontlik in diens sou neem, Ferrari 'seek Liuzzi deal'". BBC News, 28 Julie 2004 óf as 'n toetsbestuurder by hul Formule Een-span, óf by Sauber, die Formule Een-span waarmee Ferrari 'n noue verbintenis gehad het as sy enjinverskaffer. In November 2004 het Liuzzi 'n toetsrit gekry by Red Bull, wat hom vir 2005 aangestel het. Red Bull take on Liuzzi and Klien. BBC News, 5 Januarie 2005

Red Bull (2005) regs|duimnael| Liuzzi het die derde Red Bull Racing- motor tydens die oefening vir die Britse Grand Prix in 2005 bestuur Aanvanklik het dit gelyk of hy dalk saam met David Coulthard 'n sitplek sou kry, maar Red Bull het eerder Christian Klien gekies, Red Bull name Klien second driver. BBC News, 13 Januarie 2005 en Liuzzi as toetsbestuurder gelaat. Na afloop van die Spaanse Grand Prix en Monaco, is hy nog 'n wedren gegun tydens die Europese Grand Prix, voordat sy sitplek aan Klien terugbesorg is vir die Kanadese Grand Prix. duimnael|Liuzzi ry vir STR tydens die 2007 Brasiliaanse Grand Prix Liuzzi is in die span bevestig vir die 2007-seisoen tydens die bekendstelling van die STR2 op 13 Februarie 2007. Ongelukkig word sy wedrenne gedurende die eerste helfte van sy seisoen geteister deur foute soortgelyk aan sy voormalige spanmaat s'n. Dit lyk of hy waarskynlik sy eerste punte van die seisoen in Kanada sou aanteken, maar in plaas daarvan bots hy met die berugte 'Wall of Champions' by die uitgang van die laaste oorkruiser. Daar is ook voortdurend bespiegel oor die behoud van sy sitplek, want die span het Sebastian Vettel en die Champcar-reekskampioen Sébastien Bourdais openlik genader. Nadat Bourdais se kontrak vir 2008 aangekondig is, het Liuzzi se vertonings verbeter. As gevolg van 'n tydstraf na die wedren het hy 'n wêreldkampioenskapspunt in Japan misgeloop, maar daarna sy beste ren in sy Formule Een-loopbaan in China gery.

Force India (2008–2010) regs|duimnael|Liuzzi ry vir Force India tydens die Maleisiese Grand Prix in 2010 Op 3 September 2009 het Force India Fisichella vrygestel sodat hy Luca Badoer by Ferrari kon vervang, wat vir twee wedrenne vir die beseerde jaer Felipe Massa ingestaan het. Op 7 September 2009 kondig Force India aan dat Liuzzi vir hulle sal ry in die oorblywende vyf renne van die 2009 Formule Een-seisoen. Hy het sy rendebuut vir Force India tydens die 2009 Italiaanse Grand Prix gemaak en in 'n indrukwekkende sewende plek gekwalifiseer, aangesien hy die ren met 'n swaarder brandstoflading as sy jonger spanmaat Adrian Sutil begin het. Hy was stewig in die punte geplaas voordat hy ná 22 rondtes met 'n ratkasprobleem onttrek het.

Op 27 November 2009 kondig Force India aan dat hulle Adrian Sutil en Liuzzi vir 2010 as bestuurders sal behou.

Liuzzi behaal sy eerste punte sedert die Chinese Grand Prix in 2007 in die 2010 Bahreinse Grand Prix. Hy het negende in die ren geëindig en twee punte behaal weens die inwerkingtrede van 'n nuwe puntestelsel in Formule Een in 2010. In die volgende ronde in Australië het hy die sewende plek in wisselende weerstoestande behaal en nog ses punte ingesamel. In Monaco eindig Liuzzi negende en behaal nog twee punte vir Force India. By die 2010 Kanadese Grand Prix kwalifiseer Liuzzi in 'n loopbaanbeste sesde plek, wat verbeter het na vyfde na Mark Webber se ratkasruiling. In die wedren het Liuzzi negende geëindig nadat hy in die eerste draai met Massa gebots het. Hy het nog 'n punt op Spa-Francorchamps behaal, nadat Jaime Alguersuari ná die wedren gepenaliseer is omdat hy 'n voorsprong behaal het deur die bushalte-chicane in die laaste rondtes te sny. Hy het sy loopbaanbeste as sesde by die Koreaanse Grand Prix geëwenaar en eindig uiteindelik 15de in die kampioenskap met 21 punte, 'n loopbaanbeste.

Uittrede uit Formule 1 Alhoewel hy 'n geldige kontrak met Force India vir 2011 gehad het, is Liuzzi deur Paul di Resta vervang. Hy het hierna aan ander renformules deelgeneem, soos V8 Supermotors in 2011-12, die FIA Wêrelduithoukampioenskap (2012–15) en Formule E (2014–16).

Volledige Formule 1-uitslae Jaar Span Onderstel Enjin 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 Plek Punte 2006 Scuderia Toro Rosso Toro Rosso STR1 Cosworth TJ2006 3.0 V10 14 Series BHR11 MAL11 AUSDNF SMR14 EURDNF SPA15 MON10 GBR13 KAN13 VST8 FRA13 GER10 HONDNF TURNF ITA14 CHN10 JPN14 BRA16 19 1 2007 Scuderia Toro Rosso Toro Rosso STR2 Ferrari 056 2.4 V8 AUS14 MAL17 BHRDNF SPADNF MONDNF KANDNF VST17 FRADNF GBR16 EURDNF HONDNF TUR15 ITA17 BEL12 JPN9 CHN6 BRA13 18 3 2009 Force India Force India VJM02 Mercedes FO108W 2.4 V8 AUS MAL CHN BHR SPA MON TUR GBR DUI HON EUR BEL ITADNF SIN14 JPN14 BRA11 ABU15 22 0 2010 Force India Force India VJM03 Mercedes FO 108X 2.4 V8 BHR9 AUS7 MALDNF CHNDNF SPA15 MON9 TUR13 KAN9 EUR16 GBR11 DUI16 HON13 BEL10 ITA12 SINDNF JPNDNF KOR6 BRADNF ABUDNF 15 21 2011 Hispania Racing Team Hispania F111 Cosworth CA2011 2.4 V8 AUSDNQ MALDNF CHN22 TUR22 SPADNF MON18 KAN13 EUR23 GBR18 DUIDNF HON20 BEL19 ITADNF SIN20 JPN23 KOR21 IND ABU20 BRADNF 23 0

Verwysings

Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Italiaanse renjaers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1980