alt=|duimnael| El Escorial-klooster, voortuin. duimnael| Tuine van die klooster van El Escorial. Die koninklike klooster van San Lorenzo de El Escorial is 'n monumentale gebou wat 'n koninklike paleis, 'n basiliek, 'n panteon, 'n biblioteek, 'n skool en 'n klooster insluit.

Die paleis was die woning van die Spaanse koninklike familie, die basiliek is die begraafplaas van die konings van Spanje en die klooster - gestig deur monnike van die Orde van Sint Jerome - word tans beset deur broeders van die Orde van Sint Augustinus. Dit is een van die belangrikste Renaissance-geboue ter wêreld. Dit is geleë in San Lorenzo de El Escorial aan die suidelike helling van die berg Abantos op 'n hoogte van 1.028 m in die Sierra de Guadarrama en beslaan 'n oppervlakte van 33.327 m². Dit is 'n wêrelderfenisgebied.

Kategorie:Geboue en strukture in Spanje Kategorie:Christendom in Spanje Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Spanje Kategorie:Rooms-Katolieke kerkgeboue Kategorie:Biblioteke Kategorie:Kloosters Kategorie:Museums Kategorie:Paleise Kategorie:Skole Kategorie:Universiteite Kategorie:Renaissance