Jean Raspail (5 Julie 1925 – 13 Junie 2020) was 'n Franse skrywer en reisiger. Verskeie van sy boeke handel oor historiese persoonlikhede en eksplorasie. Die luisterryke Grand Prix du roman de l'Académie française en Grand prix de littérature de l'Académie française pryse is deur die Franse akademie aan hom toegeken. Hy is veral bekend om sy opspraakwekkende roman uit 1973 getitel Omsingel die laer van die heiliges, wat oor massa-immigrasie uit die Derde Wêreld na Europa handel.
Lewe en loopbaan Raspail is gebore op 5 Julie 1925 in Chemillé-sur-Dême, Indre-et-Loire. Hy was die seun van 'n fabrieksbestuurder, Octave Raspail, en sy vrou Marguerite Chaix. Hy het private katolieke skole bygewoon (die Saint-Jean de Passy in Parys, die Institution Sainte-Marie d'Antony in Antony, Hauts-de-Seine en die École des Roches in Verneuil-sur-Avre).
Gedurende die eerste twintig jaar van sy loopbaan reis Raspail deur die wêreld en ontdek bevolkings wat bedreig word vanweë hul konfrontasie met modernisme. Hy lei van 1950 tot 1952 'n ekspedisie vanaf Tierra del Fuego tot Alaska en in 1954 'n Franse navorsingstog na die land van die Inkas. Raspail was konsul-generaal van die Koninkryk van Araucanía en Patagonië. In 1981 wen sy roman Moi, Antoine de Tounens, roi de Patagonie die Grand prix du roman de l'Académie française (romanprys) van die Franse akademie.
Sy tradisionele Katolisisme dien as inspirasie vir baie van sy utopiese werke, waarin die ideologieë van kommunisme en liberalisme as mislukkings aangetoon word, en 'n Katolieke monargie herstel word. In sy roman uit 1990 getitel Sire word 'n Franse koning (die 18-jarige Philippe Pharamond de Bourbon, 'n direkte afstammeling van die laaste Franse konings) in Februarie 1999 in Reims gekroon.
In sy bekendste werk, Omsingel die laer van die heiliges (1973), voorspel Raspail die ineenstorting van die Westerse beskawing as gevolg van 'n oorweldigende "getygolf" van Derde Wêreldse immigrasie. Die "hordes" van die wêreld rys, en "vernietig die blanke ras", in die woorde van die dramaturg Ian Allen. Die boek is vertaal in Afrikaans, Nederlands, Engels, Duits, Spaans, Italiaans, Tsjeggies, Pools en Portugees. Met ingang 2006 is reeds meer as 500, 000 eksemplare daarvan verkoop.http://edicionesaltera.com/portfolio/el-desembarco/ Na sy opspraakwekkende Omsingel die laer van die heiliges skryf Raspail verdere romans soos Septentrion, Sire en L'Anneau du pêcheur. Raspail herhaal hierdie sienings as medeskrywer in 'n artikel uit 1985 ("Will France Still Be French in 2015?") Vir die tydskrif Le Figaro, waar hy dit stel dat "Frankryk se nie-Europese immigrantebevolking in so 'n mate sal groei dat die voortbestaan van die tradisionele Franse kultuur, waardes en identiteit in gevaar gestel sal word".
Raspail is in 2000 benoem as kandidaat vir die Franse akademie. Hy het die meeste stemme ontvang,Release Académie française. maar kon egter nie die meerderheid stemme verkry wat vereis is vir verkiesing tot die vakante posisie van Jean Guitton nie.
Op grond van 'n artikel vir Le Figaro wat op 17 Junie 2004 verskyn, getiteld "La patrie trahie par la république" (Afrikaans: "Die Vaderland verraai deur die Republiek",La patrie trahie par la république Le Figaro, 17 Junie 2004 waarin hy die Franse immigrasiebeleid kritiseer, word hy gedagvaar deur die Internasionale Liga Teen Rassisme en Anti-semitisme vir "aanhitsing tot etniese of rassehaat". Die aksie word egter op 28 Oktober deur 'n hof van die hand gewys.
In 1970 ken die Académie française die Jean Walter-prys aan Raispal toe vir sy gehele oeuvre.Académie française, Prix Jean Walter Lauréats. In 2007 is die Grande Médaille d’Or des Explorations et Voyages de Découverte deur die Société de géographie van Frankryk vir sy gehele oeuvre aan hom toegeken.
Persoonlike lewe Hy het in Neuilly-sur-Seine naby Parys gewoon. Hy sterf op 13 Junie 2020 op 94-jarige ouderdom in die Hôpital Henri-Dunant.
Werke Terre de feu – Alaska (1952) – avontuurverhale Terres et Peuples Incas (1955) Le Vent des Pins (1958) Terres Saintes et Profanes (1960) Les Veuves de Santiago (1962) Hong-Kong, Chine en sursis (1963) Secouons le cocotier (1966) – reisbeskrywing Secouons le cocotier : 2, Punch Caraïbe (1970) – reisbeskrywing Bienvenue Honorables Visiteurs (le Vent des pins) (1970) – roman Le Tam-Tam de Jonathan (1971) – nouvelles L'Armada de la Dernière Chance (1972) Le Camp des Saints (1973), vertaal as Omsingel die laer van die heiliges deur Naomi Morgan, Mei 1990 – roman La Hache des Steppes (1974) Journal Peau Rouge (1975) Nuage Blanc et les Peaux-Rouges d'aujourd'hui (1975) – deur Aliette en Jean Raspail Le Jeu du Roi (1976) – roman Boulevard Raspail (1977) – rubrieke Les Peaux-rouges aujourd'hui (1978) Septentrion (1979) – roman Bleu caraïbe et citrons verts : mes derniers voyages aux Antilles (1980) Les Antilles, d'île en île (1980) Moi, Antoine de Tounens, roi de Patagonie (1981) – roman Les Hussards : histoires exemplaires (1982) Les Yeux d'Irène (1984) – roman Le Président (1985) – roman Qui se souvient des hommes... (1986) L'Île bleue (1988) Pêcheurs de Lune (1990) Sire (1990) – roman Vive Venise (1992) – deur Aliette en Jean Raspail Sept cavaliers quittèrent la ville au crépuscule par la porte de l'Ouest qui n'était plus gardée (1993) – roman (algemeen na verwys as Sept cavaliers...) L'Anneau du pêcheur (1995) – roman Hurrah Zara ! (1998) – roman Le Roi au-delà de la mer (2000) – roman Adiós, Tierra del Fuego (2001) – reisbeskrywing Le son des tambours sur la neige et autres nouvelles d'ailleurs (2002) Les Royaumes de Borée (2003) – roman En canot sur les chemins d'eau du roi, une aventure en Amérique (2005) – reisbeskrywing
Verwerkings Le Roi de Patagonie (1990), mini-reeks vir televisie geregisseer deur onder regie van Georges Campana en Stéphane Kurchttps://www.imdb.com/title/tt0280363/fullcredits Le Jeu du roi (1991), rolprent vir televisie geregisseer deur Marc Evanshttps://www.imdb.com/title/tt0195845/ L'Île bleue (2001), rolprent vir televisie geregisseer deur Nadine Trintignanthttps://www.imdb.com/title/tt0288334/ Sept cavaliers (2008–2010), strokiesprentboek in drie volumes deur Jacques Terpant Le Royaume de Borée (2011–2014), strokiesprentboek in drie volumes deur Jacques Terpant
Verwysings
Eksterne skakels deur John Tanton in The Social Contract Press (Winter 1994) deur Katharine Betts in The Social Contract Press (Winter 1994) "The Fatherland Betrayed by The Republic" deur Jean Raspail in die tydskrif Le Figaro (Frankryk, 17 Junie 2004)
Kategorie:Geboortes in 1925 Kategorie:Sterftes in 2020 Kategorie:Franse skrywers