duimnael|260px|regs

Kalmikië (ook Kalmoekië; Kalmikies: Хальмг Таңһч, Chalmg Tangchtsj; Russies: Республика Калмыкия, Respoeblika Kalmikija), is ’n outonome republiek (’n deelgebied van Rusland). Dit is geleë aan die Kaspiese See. Dit is die enigste gebied in Europa waar Boeddhisme die hoofgodsdiens is. Die hoofstad is Elista en die amptelike tale Russies en Kalmikies.

Geskiedenis Vroeë geskiedenis Die Kalmikiërs stam grotendeels van Mongoolse nomadiese volke wat hulle in die 17de eeu hier gevestig het. Binne 25 jaar word hulle onderdane van die Russiese tsaar. In ruil vir die beskerming van Rusland se suidelike grens kry hulle ’n jaarlikse toelae en toegang tot die markte van die Russiese grensgebiede. Die streek bereik die hoogtepunt van sy militêre en politieke mag onder Ajoeka Khan (1669–1724).

Ná Ajoeka Khan se dood word die streek ál minder onafhanklik en ’n groot deel van die bevolking begin wegtrek. Om dit stop te sit, neem Katharina die Grote hul onafhanklikheid weg en dra alle regeringsmag oor aan die goewerneur van Astrachan. Ná die Tweede Wêreldoorlog word groot dele van die bevolking deur Josef Stalin na Siberië verban. Omtrent die helfte keer ná sowat twintig jaar weer terug. Op 9 Januarie 1957 word die streek ’n outonome oblast en op 29 Julie 1958 ’n outonome republiek. Ná die val van die Sowjetunie behou dit sy status as outonome republiek.

Huidige beleid Die huidige president is sedert die verkiesings van 1993 die multimiljoenêr Kirsan Iljoemzjinof, wat voorsitter van die internasionale skaakfederasie FIDE is. Sy droom is om van Kalmikië ’n skaakparadys en onafhanklike staat te maak.

Iljoemzjinof het in 1994 die grondwet afgeskaf en die "diktatuur van die gesonde verstand" ingevoer. Dit beteken die president bepaal die beleid. Hy alleen kan mense aanstel en afdank. Volgens sy visie werk die mans, die vroue sorg vir die kinders, die kinders speel skaak en hy sorg vir die res.

Hy wil Kalmikië laat afskei van die Russiese Federasie en in plaas daarvan ’n "geassosieerde lid" laat word. Hy glo die republiek staan de facto reeds buite die federasie omdat dit geen geld meer uit die federale begroting kry nie, maar wel belasting betaal. Rusland staan dié planne teen.

Geografie In die suide grens Kalmikië aan Dagestan en in die noordooste aan Kazachstan. Sy binnelandse bure is Wolgograd-oblast (NW/N), Astrachan-oblast (N/NO/O), Dagestan (S), Stawropol-krai (SW) en Rostof-oblast (W). Die republiek bestaan hoofsaaklik uit steppe en woestyn.

Groot dorpe en stede Elista (Элиста) – 104 254 Lagan (Лагань) – 14 345 Gorodowikofsk (Городовиковск) – 10 940 Troitskoje (Троицкое) – 10 298 Jasjkoel (Яшкуль) – 7 399 Sadowoje (Садовое) – 6 505 Malije Derbeti (Малые Дербеты) – 5 980

Riviere Van die grootste riviere is: Wolga (vloei deur ’n klein deel in die ooste) Koema Manitsj

Mere Kalmikië lê aan die Kaspiese See. Daar is net enkele mere in die republiek, onder meer: Manitsj-Goedilo Sarpinskoje Sostinskije Tsagan-Chak

Fauna Die republiek se wildlewe sluit die bekende saiga-wildsbok in. Die diere se habitat word beskerm in die Tsjorni Zemli-natuurreservaat.

Administratiewe rajons NaamOppervlakteBevolking (2021)SetelGorodowikofsk-rajon1 099 km²13 793GorodowikofskIki-Boeroel-rajon6 363 km²9 596Iki-BoeroelJasjalta-rajon2 416 km²14 660JasjaltaJasjkoel-rajon11 769 km²14 845JasjkoelJoesta-rajon7 996 km²9 346Tsagan AmanKettsjeneri-rajon6 548 km²8 746KettsjeneriLagan-rajon4 170 km²18 549LaganMaloderbetofski-rajon3 666 km²9 369Malije DerbetiOktjabr-rajon3 686 km²7 878Bolsjoi TsarinPrijoetnoje-rajon3 110 km²9 633PrijoetnojeSarpa-rajon3 738 km²11 084SadowojeTselinni-rajon5 258 km²20 212TroitskojeTsjernozemelski-rajon14 192 km²12 343Komsomolski

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel :nl:Kalmukkië

Eksterne skakels Nuusagentskap van die Republiek Kalmikië (Engels en Russies) Verslag oor die Kalmikiese taal Forum van die Kalmikiese Internetgemeenskap Kalmikiese Poort

* Kategorie:Russiese republieke