Die BMW N52 is 'n natuurlike lugvloei-inlynsessilinder-petrolenjin wat van 2004-2015 deur BMW vervaardig is. Die N52 vervang die BMW M54 en debuteer op die E90 3-reeks en E63 6-reeks.

Die N52 was die eerste waterverkoelde enjin wat 'n samestelling van magnesium en aluminium vir die vervaardiging van die enjinblok gebruik het. Dit is in 2006 en 2007 as een van Ward se 10 beste enjins aangewys.

Vanaf 2011 is begin om die N52 te vervang met die BMW N20 turbo-aangejaagde viersilinderenjin totdat produksie van die N52 in 2015 gestaak is.

regs|duimnael|Agterkant van N52, met Valvetronic sigbaar duimnael|N52 vanaf die inlaatkant gewys duimnael|Voorkant van die N52, met VANOS-eenhede sigbaar

Enjin Verplasing Krag Wringkrag Jare N52B25 2497 cc 130 kW teen 5 800 opm 230 Nm teen 3 500-5 000 opm 2005-2008 150 kW teen 6 400 opm 250 Nm teen 2 750 opm 2007-2011 160 kW teen 6 500 opm 250 Nm teen 2 750–4 250 opm 2005-2011 N52B30 2996 cc 160 kW teen 6 100 opm 270 Nm teen 2 500–4 250 opm 2006-2010 280 Nm teen 2 500–3 500 opm 2010-2011 170 kW teen 6 500 opm 270 Nm teen 2 750 opm 2007-2013 180 kW teen 6 500 opm 310 Nm teen 2 750 opm 2008-2011 190 kW teen 6 600 opm 300 Nm teen 2 500–4 000 opm 2010-2011 190 kW teen 6 600 opm 310 Nm teen 2 600 opm 2009-2015 195 kW teen 6 600 opm 315 Nm 2 750-4 250 opm 2005-2009 200 kW teen 6 650 opm 315 Nm 2 750 opm 2006-2010

Herroeping In 2017 het BMW 740 000 sessilindermodelle (328i, 525i) teruggeroep weens berigte oor die verwarmer vir die krukas se ventilasieklep wat kortsluit en 'n brand kan veroorsaak.

Verwysings

N52