duimnael|Jan Lambrecht Domien Sleeckx, deur Florimond Van Loo Jan Lambrecht Domien Sleeckx of Dominicus Jan Lambrecht (2 Februarie 1818, Antwerpen - 13 Oktober 1901, Luik ), was 'n Vlaamse skrywer. Hy begin sy loopbaan as notaris en joernalis. In 1861 gee hy in Lier onderwys in Nederlands en word later die hoof-skoolinspekteur van laerskole.
Hy begin sy literêre loopbaan met die romantiese Kronyken der Straten van Antwerpen (3 volumes, 1843), maar draai teen die idealistiese styl van Hendrik Conscience en word 'n oortuigde voorstander van 'n gematigde realisme, wat hy ook op teoreties vlak verdedig (Over het realismus in de letterkunde, 1862). In 1844 is hy een van die stigters van Vlaemsch Belgie, die eerste dagblad wat die belang van die Vlaminge voorop stel.
Hy skryf die romans Tybaerts en Cie (1867), De plannen van Peerjan (1868) en die teaterstuk Jan Steen (1852), 'n komedie; Gretry, wat in 1861 'n nasionale prys verwerf, De vissers van Blankenberg (1870), en die patriotiese drama Zannekin (1865). Sy diereverhale word as sy beste werk beskou, soos Arabella Knox (1855), waardeur hy die Engelse humor in Vlaandere bekendstel. Die werke bly deur hul lewendige struktuur vir moderne lesers steeds leesbaar. Saam met JF Vandevelde publiseer hy ook woordeboeke.
Sien ook Vlaamse literatuur
Bronnelys F. van Veerdeghem, Levensschets van JLDS (1902) Jan Lambrecht Domien Sleeckx
Kategorie:Vlaamse skrywers Kategorie:Sterftes in 1901 Kategorie:Geboortes in 1818