Die Jordaanrivier is 'n rivier wat teen die hange van Snymanshoekberg (2 450 m) in die Rooiberge van die Oos-Vrystaat ontspring, en dan noordwaarts vloei na Loch Athlone op die suidelike buitewyke van Bethlehem. Dit vloei dan deur die Pretoriuskloof-natuurreservaat, en reg deur die dorp, voor dit Loch Lamond naby Bohlokong-woonbuurt binnevloei. Van Loch Lamond word dit met 'n kanaal gelei om 'n linkersytak van die Liebenbergsvleirivier te vorm.
Eksterne skakel Kaart van die Jordaanrivier se monding by Geonames.org (cc-by)
Kategorie:Riviere in Vrystaat