Boegoe (Agathosma betulina) is 'n Suid-Afrikaanse struik met medisinale eienskappe. Dit was histories as medikasie vir die urienweg en wonde gebruik. Dit word ook as geurmiddel vir tee, lekkergoed en selfs drank (dink byvoorbeeld aan boegoebrandewyn) aangewend.
Die Hollanders het dit van die San of die Khoi leer ken. In die VOC se tyd was dit al in Europa bekend, maar dit was baie duur en net ryk mense kon dit gebruik.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
betulina Kategorie:Kruie Kategorie:Medisinale plante Kategorie:Struike Kategorie:Tee Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika