Aloidendron (boomaalwyne) is 'n genus wat deel is van die familie Asphodelaceae (aalwynfamilie) en is geskep om voorsiening te maak vir die boomaalwyne, al die spesies was voorheen deel van die genus Aloe. Daar is tans sewe spesies wat tot die genus hoort. Die genus is in 2013 geskep.
Taksonomie Filogeniese studies het getoon dat verskeie spesies wat tradisioneel deel was van die genus Aloe egter geneties verskil van Aloe en vorm 'n aparte klade. In 2013 was hulle geskuif na Aloidendron en dit is in 2014 bevestig deur Manning et al.
Spesies Vanaf Oktober 2017 aanvaar die World Checklist of Selected Plant Families die volgende spesies:
Beeld Taksonomiese naam Verspreiding 120px Aloidendron barberae (Dyer) Klopper & Gideon F.Sm. Oos-Kaap tot by Transkei, KwaZulu-Natal, Eswatini en Mpumalanga; en noordwaarts tot by Mosambiek en Oos-Afrika.120px Aloidendron dichotomum (Masson) Klopper & Gideon F.Sm. Noord van Keetmanshoop, in Namibië. Noord-Kaap by Gannabos.120px Aloidendron eminens (Reynolds & P.R.O.Bally) Klopper & Gideon F.Sm. Noordelike gebied om Erigavo, Somalië. 120px Aloidendron pillansii (L.Guthrie) Klopper & Gideon F.Sm. Noord-Kaap en Namibië, meer spesifiek die Richtersveld.120px Aloidendron ramosissimum (Pillans) Klopper & Gideon F.Sm. Noord-Kaap en Namibië, meer spesifiek die Richtersveld120px Aloidendron sabaeum (Schweinf.) Boatwr. & J.C.Manning Saoedi Arabië en Jemen,120px Aloidendron tongaense (van Jaarsv.) Klopper & Gideon F.Sm. KwaZulu-Natal by die grens met Mosambiek.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Kategorie:Bome van Afrika